Copy
Welkom by April 2019 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Verskeie markte heropen vir Suid-Afrikaanse veeprodukte

Die voortsetting van handel in veilige kommoditeite was een van die aangeleenthede wat die hoogste prioriteit geniet het tydens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se onderhandelinge met handelsvennote ná die bek-en-klouseer-uitbreking in Limpopo.
 
Die Departement het suksesvol beding vir die hersiening van veterinêre gesondheidsertifikate vir die uitvoer van beesvleis na Bahrein, Egipte, Jordanië, Koeweit, Lesotho, Mosambiek, Qatar, Swaziland en die Verenigde Arabiese Emirate.
Lees meer ...

Kommer oor gebrek aan entstowwe


Die rooivleisbedryf is baie bekommerd oor die aantal entstowwe dat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) ontwikkel en vervaardig word wat tans nie beskikbaar is nie.
 
Volgens die RPO is daar veral kommer oor die hartwater-entstof aangesien uitbrekings van dié siekte tans voorkom. Die RPO wag ook steeds op terugvoering oor die beskikbaarheid van sekere antigene vir brucellose.
 
Die bedryf verwag van boere om aan ‘n bio-sekuriteitbestuurstelsel te voldoen en dit sluit inenting teen siektes in. As die betrokke entstowwe nie beskikbaar is nie, word die proses lamgelê.
  
Die RPO het die hoop uitgespreek dat die proses omgekeer sal word aangesien hy die OBP as ‘n strategiese vennoot beskou.

Doeltreffende beleid noodsaaklik om oordraagbare siektes te stuit

 
Oorgrensbewaringsgebiede wat dit in onlangse jare vir wild moontlik maak om sonder die beperking van heinings oor groter gebiede te beweeg is ‘n welkome konsep om ekonomiese ontwikkeling en die bewaring van biodiversiteit ‘n hupstoot te gee.
 
Die gebrek aan ‘n formele beleid oor dieresiektebeheer het egter ‘n negatiewe uitwerking op openbare gesondheid, landbou, handel en selfs bewaring, meen kundiges.
Lees meer ...

Globale dierewelsyn-standaarde geloods

 
NSF Internasionaal, ‘n globale openbare gesondheid- en veiligheidsorganisasie wat vir voedselsekerheid en –gehalte bekend is, het nuwe dierewelsynstandaarde geloods wat die volle lewensiklus van alle sleutelspesies aanspreek en nuwe praktyke vestig vir die manier waarop diere aangehou, grootgemaak en verantwoordelik bestuur word.
 
Dié standaarde is die eerste in sy soort om ‘n universele benadering tot dieregesondheid en –welsyn te vestig.
  
Lees meer ...

Wees versigtig vir insek-oordraagbare siektes

 
Die boodskap van RuVASA (Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika) se Februarie 2019-dieresiekteverslag is dat daar in dié maand ‘n toename in die voorkoms van insek- en bosluisoordraagbare siektes was.
 
In beeste het knopvelsiekte, efemere koors, anaplasmose, Afrika rooiwater en Asïatiese rooiwater voorgekom. By skape het bloutong voorgekom, terwyl perde Afrika perdesiekte opgedoen het. Al dié siektes kon voorkom word as die diere betyds daarteen ingeënt is. 
Lees meer ...

Koue winter beperk beesvleisproduksie in die noordelike halfrond


Die huidige koue en nat winterweer in Amerika maak dit moeilik vir beeste om gewig om te tel en beesvleisproduksie in dié land is daarom laag, volgens ABSA Agri Trends.
 
Produksie is tans 2,2% laer as ‘n jaar gelede. Tydens die lenteseisoen sal beesvleisproduksie aansienlik verhoog en handelaars in Amerika verwag stewige pryse as weerstoestande verbeter. Die naderende Paastyd behoort gedurende April onderliggende steun aan beesvleispryse te bied.
 
Plaaslik
Die gemiddelde prys oor alle grade het tydens die week van 1 Maart week-op-week met 0,2% gedaal. Klas A-beesvleispryse behoort in lyn met seisoenale neigings tot en met Mei met 2,3% te styg. Klas C-beesvleispryse behoort 1,4% hoër te verhandel in Junie. Die verswakkende rand sal onderliggende steun bied wanneer Amerikaanse beesvoorrade tydens hul lenteseisoen sal toeneem. Stabiele mieliepryse en ‘n herstel in voerkraalmarges se beesvleiskarkaspryse mag daartoe lei dat speenkalfpryse in April met 2% sal styg tot R29.70/kg.
 

Perspektief

Koolstofsekwestrasie deur middel van Bewaringslandbou


Suid-Afrika is 13de op die lys van grootste bydraers tot kweekhuisgasse (KHG) in die wêreld. Nogtans is Afrika steeds die kleinste bydraer van alle vastelande, maar ook die mees kwesbare ten opsigte van die invloed van klimaatsverandering. Die invloed daarvan is nie beperk tot ‘n toename in temperatuur en veranderende reënvalpatrone nie, maar ook tot ‘n toename in intensiteit en frekwensie van droogtes, hittestres en vloede. Landbou word natuurlik nie net beïnvloed deur klimaatsverandering nie, maar dit dra ook by tot aardverwarming.
Lees meer ...

Skaapvleis SA- Lesse vanaf die Internasionale Vleis Sekretariaat: Deel 1 "The Impossible Burger"


Die Internasionale Vleis Sekretariaat het die afgelope Maart 'n werkswinkel vir die Internasionale Vleisbemarkingsgroep in Kanada aangebied om die kragtige liggaam van institusionele kennis binne die rooivleisbemarkingskringe verder te ontwikkel, om sodoende besprekings oor huidige uitdagings en oplossings binne die globale vleisverhaal te fasiliteer.
Lees meer ...
Share
Tweet
Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

April 2019

Predasiebestuurder gaan aangestel word

Die Predasiebestuursforum (PMF) het onlangs ‘n werkswinkel gehou om ‘n raamwerk te ontwikkel waarvolgens navorsing en ontwikkeling/voorligting gerig kan word. Dit sal ‘n praktiese proses wees wat aktiewe deelname en ondersteuning van rolspelers moontlik sal maak.
 
Die Loodskomitee van die PMF het ook ‘n nuwe grondwet aanvaar wat die weg vir die forum baan om as ‘n wetlike entiteit geregistreer te word. Dit sal nou ook moontlik wees om ‘n bestuurder vir die PMF aan te stel.

Die versagting van klimaats-verandering in Suidelike Botswana

 
Die nuwe kudde vir gesondheid-projek het onlangs stigtingswerkswinkels in die Habu en Eretsha landelike nedersettings in die suide van Botswana aangebied.
 
Deelnemers het die veranderinge wat hulle oor die afgelope jare waargeneem het met mekaar gedeel. Dit sluit onder meer verminderde en wisselwallige reënvalpatrone, hoë temperature en droogtes in.
Lees meer ...

Hoe die wêreld se eerste wetenskaplike eetplan van die armes vergeet het

 
‘n Span van 37 van die wêreld se voorste wetenskaplikes van 16 lande het pas die wêreld se eerste wetenskaplike eetplan vrygestel. Die “planetêre gesondheidsdieet” is ontwerp om meer gesond vir mense asook meer omgewingsvriendelik te wees.
  
Die span waarsku die kos wat ons nou eet hou ‘n bedreiging vir beide die mens se gesondheid en die langtermynoorlewing van die planeet in. Volgens hulle oorproduseer die huidige voedselstelsel gevaarlike kweekhuisgasse, dit misbruik bemesting, veroorsaak grootskaalse voedselvermorsing en verrig enorme skade aan die grond.
Lees meer ...

Klimaatsvriendelike produksie van laboratoriumvleis berus op ‘n energie-revolusie

 
‘n Nuwe navorsingsprojek is onderneem om die omgewingsimpak van verskillende produksiemetodes van laboratorium-geproduseerde en plaasgeproduseerde beesvleis te vergelyk in terme van die kweekhuisgasse wat in die proses geproduseer word.
 
Die nuwe projeksies het onthul dat vleis wat met kulture geproduseer is, oor die lang termyn meer energie-insette verg en aardverwarming meer kan verhoog as sommige tipes van plaasgeproduseerde beesvleis indien die energiestelsels van fossielbrandstowwe afhanklik is.
Lees meer ...

Verenigde nasies publiseer riglyne oor die transformasie van die lewendehawesektor

 
Die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het onlangs ‘n beleidsdokument oor die transformasie van die lewendehawesektor by wyse van volhoubare ontwikkelingsdoelstellings gepubliseer.
 
Menslike vooruitgang is sedert die aanvang van landbou afhanklik van die produkte en dienste van lewendehawe en selfs die mees moderne post-industriële gemeenskappe maak op diere staat vir voedsel- en voedingsekerheid. Soos wat die mensdom se begrip van ekonomiese voortuigang ontwikkel, moet daar ook erkenning gegee word aan die blywende belang van lewendehawe. Laasgenoemde is van besondere belang vir die ekonomieë van ontwikkelende lande, waar voedselsekerheid ‘n endemiese bron van kommer is.
Lees meer ...

Brexit en nieu-seelandse produksietoestande het ‘n invloed op globale skaapvleispryse


Die Britse pond het ietwat herstel weens die moontlikheid van ‘n Brexit-ooreenkoms. ‘n Sterker pond en swakker Nieu-Seelandse dollar beteken dat verwerkers se marges op lamsvleis verbeter.
 
Plaaslik
Pryse van skaap- en lamsvleis het tydens die week van 1 Maart 2019 oor alle klasse met 10,3% gestyg. AB-grade het met 12,8% gestyg.
  
Skaapvleispryse is tans algeheel 10,8%  laer as ‘n jaar gelede. In lyn met seisoenale neigings kan daar verwag word dat Klas A- en C-pryse tydens Maart ‘n laagtepunt sal bereik, waarna dit gedurende die Paastydperk sal styg. Die verswakkende rand bied onderliggende steun aan ingevoerde skouer- en rib-pryse.
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa