Copy
Welkom by Mei 2019 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser
Geagte RPO Nuusbrief Intekenaar. Die RPO elektroniese nuusbrief is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.   Ons wil u derhalwe VERSOEK om asb u taalvoorkeur aan ons deur te gee ten einde te verseker dat u die nuusbrief slegs in Afrikaans of Engels ontvang.  Indien u beide tale verkies, ignoreer hierdie boodskap. Indien u 'n nuusbrief meer as een maal ontvang, bevestig asb u epos adres. U spoedige terugvoering sal opreg waardeer word.  Kliek hier vir u taalvoorkeur

Bek-en-klouseer is suksesvol beperk 

Daar is in die afgelope meer as elf weke geen gevalle van bek-en-klouseer in die siektebestuursgebied in Limpopo gevind nie en daarmee het drie inkubasietydperke verstryk.
 
Intensiewe waarneming het getoon dat die bek-en-klouseer-virus nie versprei het nie en dat die siekte dus bekamp is, volgens ‘n verklaring van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
Lees meer ...

Navorsing- en ontwikkelings-program ontwikkel

 

‘n Navorsing- en ontwikkelingsprogram is deur Rooivleis Navorsing en Ontwikkeling SA ontwikkel vir die November 2020 en daaropvolgende heffingsperiode.

 

n Werkswinkel is in 2018 aangebied om nuwe navorsingsprogramme to ontwikkel, wat met ‘n koördineringsessie in Januarie 2019 opgevolg is. Tydens dié geleentheid is daar besluit om ‘n bykomende program met die titel “Kommersialisering van die opkomende sektor” by te voeg. Dit bevat die volgende:

Lees meer ...

Namibië betree China-mark

 
Namibië het die eerste Afrika-land geword wat beesvleis na China uitvoer toe dit onlangs die eerste 21 ton beesvleis na dié land, die wêreld se grootste verbruikersmark, uitgevoer het.
 
China kan ‘n baie belangrike mark vir Namibië wees, aangesien dit  jaarliks 6,5 miljoen ton beesvleis, 250 000 ton skaapvleis, 2,3 miljoen ton varkvleis en 1,7 miljoen ton hoendervleis invoer.
Lees meer ...

Voorgestelde voorkomings-maatreels vir skaap-nat karkas-sindroom

 
Die Landbounavorsingsraadse afdeling : diereproduksie se navorsing oor nat karkassindroom het getoon dat dit waarskynlik ‘n genetiese oorsprong het.
 
Dit wil voorkom asof diere wat die genetiese defek dra, die sindroom onder sekere stress toestande toon. Die vermoede is dat in geaffekteerde diere, die kalsium ioon kanaal in die selwand nie behoorlik sluit nie en dat vloeistof dan “uitlek,” wat moontlik nat karkassindroom veroorsaak. Hierdie voorgestelde maatreëls moet as tydelik gesien word totdat die navorsing voltooi is. Daar is ook geen waarborg dat dit nat karkassindroom heeltemal sal voorkom nie.
Lees meer ...

Beesvleismark-tendense

 
Plaaslike Klas A-pryse sal na verwagting tot die einde van Mei redelik stabiel bly, waarna dit behoort te daal soos wat die vraag na Klas C-beesvleis toeneem, volgens ABSA Agri Trends.
 
Die verstewiging van die Rand sowel as hoër pryse in die internasionale markte mag plaaslike beesvleispryse ondersteun.
Lees meer ...

Perspektief

Kan grondgehalte beskou word as ‘n bate?


Die ekonomiese voordele om hulpbronkapitaal te herstel is welbekend. Ook is die ekonomiese waarde van ekostelsel goedere en –dienste, as die hulpbronkapitaal rekeningstelselbenadering gebruik word, veel hoër as die normaalweg aanvaarde waarde van hulpbronkapitaal. Tog, ten spyte van die voor-die-handliggende voordeel om hulpbronkapitaal te herstel en te onderhou, staar die aarde ‘n krisis in die gesig ten opsigte van omgewingsagteruitgang. Hierdie krisis is gedeeltelik te wyte aan swak skakeling tussen diegene van die samelewing (meesal boere) wat verantwoordelik is vir en die koste dra van hulpbronbestuur en die res van die samelewing (insluitende finansiële instansies en maatskappye verder af in die waardeketting) wat baat by goeie hulpbronbestuur.
Lees meer ...

Ontmoet ons nuutste “Lambassadeur”

 
Skaapvleis SA werk graag saam met verskillende sosiale media persoonlikhede, of soos hul in Engels bekend staan, “Influencers”.  Hierdie is individue wat ‘n groot groep lojale volgers het op sosiale media. Hierdie maand werk ons weer saam met “Aniseeds” op die gewilde platform Instagram asook in Pick ‘n Pay se kostydskrif Kook en Kuier/ Fresh Living.  “Aniseeds” spog met byna 30 000 volgers en sy pos elke dag ‘n nuwe resep of twee op haar blad. Sy is mal oor skaapvleis en haar familie boer self met skape in die karoo. Aniseeds ontwikkel hierdie maand vir Skaapvleis SA ‘n paar resepte wat sy met haar volgers gaan deel. Hierdie resepte sal ook op ons webwerf beskikbaar wees http://www.cookingwithlamb.com/aneesa
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af

Mei 2019

Vyftig jaar oue-semen werk steeds

 
Dr Steven Salamon van Australië het in 1968 spermmonsters van een van sy skape in vloeibare stikstof gevries.
 
Vanjaar het navorsers van die Unviersiteit van Sydney dié monsters gebruik om Merino-skape te bevrug – 50 jaar ná die monsters gevries is. En ongelooflik genoeg het die sperm dieselfde vlak van lewensvatbaarheid getoon as dié van sperms wat slegs 12 maande gelede gevries is. ‘n Ongelooflike 34 van 56 geïnsemineerde ooie het geboorte geskenk aan lammers nadat hulle met die 20-jarige semen bevrug is.
Lees meer ...

Genetiese deurbraak met tropiese gras kan help om klimaatsvriendelike beesplase te ontwikkel


Vir baie kleinboere is beeste ‘n steunpilaar maar hulle boer dikwels op vervalle grond, wat beteken dat die beeste ‘n groter impak op die omgewing het en dat die produksie van vleis en melk laer is.
 

Navorsers by die Internasionale Sentrum vir Tropiese Landbou (CIAT) het bewys dat die Brachiaria-grasspesie beeste se kweekhuisgasvrystellings kan verlaag en produktiwiteit kan verhoog, terwyl die teling van verbeterde variëteite moontlik omgewings- en ekonomiese voordele kan inhou.

Lees meer ...

Afval, die vyfde kwart!

 
Skaapvleis SA gaan in Mei ‘n afvalreeks saam met Africa Day van stapel stuur en dit sluit ‘n regstreekse demonstrasie op die Espresso Morning Show op SABC 3 in deur "Lambassador" Sjef Naledi. 
 

The Lazy Makoti
Daar is ook in Mei 'n Instagram video reeks saam met "The Lazy Makoti" ("Die lui huisvrou"). Haar resepteboek is tans die nommer een resepteboek verkoper in Suid-Afrika (en in die top vyf boeke in die land). Sy het meer as 90 000 volgelinge op Instagram.
 
Lees meer ...

Voorgestelde nuwe EU-reël kan ‘n verbod plaas op die gebruik van “veggie burger”

 
Landbouwetgewers in die Europese Unie het onlangs gestem dat nuwe definisies vir vleisprodukte aanvaar moet word in die komende onderhandelinge tussen die Europese Kommissies en die EU se Regering oor die hervorming van laasgenoemde se boerderybeleid.
  
Volgens die Europese parlement se landboukomitee het lede steun gewerf vir die aanvaarding van ‘n wet wat verseker dat vleisverwante woorde soos biefstuk, wors, burger en hamburger slegs vir vleisprodukte gebruik word.
 
Ingevolge die voorgestelde wetgewing sal etikette op voedselverpakkings, promosiemateriaal of wat vir die bemarking van voedselitems gebruik word en wat verklaar dat dit hoofsaaklik van proteïen van plantaardige afkoms gemaak is, nie vleisterme gebruik nie.
  
Die term “veggie disk” is voorgestel as ‘n alternatiewe benaming vir die beroemde veggie burger.

Kyk uit vir parasiete

 
Verskeie gevalle van interne en eksterne parasiete by vee is aangemeld ná die reën wat in die laaste gedeelte van die somer voorgekom het, volgens die RuVASA (Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika) se siekteverslag vir Maart 2019.

n Opsomming van die belangrikste siektes en toestande wat gedurende Maart aangemeld is, is die volgende:
 
Interne parasiete:
Laat somerreëns is in die meeste gedeeltes van Suid-Afrika aangeteken. Die vog en temperature hoër as 15 grade Celsius speel ‘n rol in die uitbroei van rondewurmeiers en die ontwikkeling tot die derde infektiewe stadium van larwe op weiding.
Lees meer ...

Skaapvleismark-tendense

 
Klas C-pryse sal na verwagting hoër begin verhandel soos wat die winter nader kom, hoewel pryse in Mei in lyn met seisoenale neigings behoort te daal, volgens ABSA Agri Trends.
 
Klas A-pryse behoort in die komende maande redelik stabiel te bly met minimale prysbewegings.
Lees meer ...
Share
Tweet
Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa