Copy
Welkom by Julie 2019 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser
Geagte RPO Nuusbrief Intekenaar. Die RPO elektroniese nuusbrief is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.   Ons wil u derhalwe VERSOEK om asb u taalvoorkeur aan ons deur te gee ten einde te verseker dat u die nuusbrief slegs in Afrikaans of Engels ontvang.  Indien u beide tale verkies, ignoreer hierdie boodskap. Indien u 'n nuusbrief meer as een maal ontvang, bevestig asb u epos adres. U spoedige terugvoering sal opreg waardeer word.  Kliek hier vir u taalvoorkeur

Statutêre heffing bekyk

Die aansoek vir die 2020/21 statutêre heffing vir die rooivleisbedryf het tydens die Rooivleisabattoirvereniging se onlangse konferensie en kongres, wat buite Stellenbosch aangebied is, onder die soeklig gekom.
 
Daar is besluit dat die vereniging sal deelneem aan die proses om die nuwe heffing te finaliseer.
Die aansoek moet teen November 2019 gefinaliseer wees vir aanbeveling aan die Nasionale Bemarkingsraad, met die doel om die nuwe heffing teen November 2020 te implementeer.  
 
Lees meer ...

Brucellose-opname skop binnekort af

 
Gauteng Veterinêre Dienste gaan tussen Julie en September 2019 ‘n opname oor die voorkoms van brucellose in die provinsie doen.
 
Altesaam 300 lukraak verkose plase sal besoek word en die beeste se bloed sal getrek word vir brucellose-toetse. Die bloedtoets sal die omvang van moontlike infeksie op ‘n provinsiale basis bepaal. Veterinêre Dienste sal die data gebruik om die huidige bekampingsmaatreëls te evalueer en om strategieë in die provinsie te verbeter.

Rooivleisboere word versoek om Veterinêre Dienste op grondvlak met die opname behulpsaam te wees. Beamptes sal met behulp van ‘n ID-kaart geïdentifiseer word en sal ‘n brief van die direkteur, Dr D Nemudzivhadi saamdra. Vee-eienaars kan daarvan verseker wees dat alle inligting as vertroulik hanteer sal word.

Witvleis veroorsaak net soveel cholesterol as rooivleis

 
In teenstelling met wat algemeen aanvaar word, het die inname van witvleis soos pluimvee dieselfde uitwerking op bloedcholesterol-vlakke as rooivleis. Dit is die bevinding van internasionale navorsing wat deur die Oakland Navorsinginstituut gedoen is.
 
Die navorsers was verras met die ontdekking dat die inname van hoë vlakke van rooivleis of wit pluimvee tot hoër cholesterolvlakke gelei het as wat die geval was met die inname van ‘n soortgelyke hoeveelheid plantproteïene. Verder is dié impak waargeneem ongeag of die dieet hoë vlakke van versadigde vette bevat het of nie. Bloedcholesterol het in dieselfde mate met die inname van al drie proteïenbronne toegeneem.
Lees meer ...

Veeboerdery kan help om klimaats-verandering om te keer

 
Dit gebeur nie dikwels dat die terme “veeboerdery” en “klimaatsverandering” in ‘n positiewe konteks verbind word nie.
 
Dit is selfs nog minder die geval onder tegnologiese entrepreneurs, aangesien al meer daarop uit is om vleisvrye alternatiewe produkte te ontwikkel in die hoop dat die impak van die vleisbedryf op die omgewing verminder word.
Lees meer ...

Die wêreld se eerste entstof vir mense en vee ontwikkel

 
Daar is verskeie dodelike viruses regoor die wêreld wat tussen mense en diere oorgedra kan word.
 
Daar is tans drie maniere waarop mense teen soönotiese siektes beskerm kan word. Die diere wat die siektes oordra kan ingeënt word, mense kan ingeënt word, of daar kan stappe geneem word om diere en mense van mekaar weg te hou. Maar sê nou net daar was ‘n eenvoudige, goedkoop manier om mense en diere terselfdertyd met dieselfde entstof te beskerm?
Lees meer ...

EU loods lewendehawe-program in Zimbabwe


Die Europese Unie gaan ‘n €40-landbougroeiprojek van vier jaar van stapel stuur om Zimbabwe se veesektor te verbeter.
 
Dit sal die weg baan vir verbeterde vee-ontwikkeling in die land. Daar word voorsien dat dit Zimbabwe se veesektor in ‘n gediversifiseerde en doeltreffende landbousektor sal omskep wat inklusiewe ekonomiese groei bevorder.
  
Die program bestaan uit vyf uitkomste wat elkeen ‘n sleutelprobleem aanspreek, insluitende verhoogde produktiwiteit van die veesektor. Daarvolgens behoort veeprodusente in die land meer kompeterend te wees, beter finansiering in terme van spesifieke veewaardekettings te ontvang en ook toegang tot beter opleidingstelels en voorligtingsdienste te hê.
https://www.chronicle.co.zw/eu-to-launch-40-million-euro-livestock-programme/

Perspektief

 Bekendstelling van die VGBVP Projek.


VOLHOUBARE, GEïNTEGREERDE BESTUUR van VEEPARASIETE (VGBVP) in SUID AFRIKA [aangepas van ‘n dokument voorberei deur Prof Gareth Bath].

DIE PROBLEEM:

Die beheer van beide interne en eksterne parasiete is lewensbelangrik vir die welstand van herkouervee; tog ten spyte van die welbekende feit dat die oordadige gebruik of verkeerde aanwending van dipstowwe en dosisse noodwendig sal lei tot ‘n toename in parasietweerstand teen die middels op die mark, volg baie boere en adviseurs steeds die uitgediende en gevaarlike praktyk van net staatmaak op sulke middels om parasiete te beheer.
Lees meer ...

Riglyne vir die bestuur van vee tydens droogtesituasies

 
In groot dele van die binneland is natuurlike weiding tans skaars.

Daar is nie veel vooruitsigte dat weidingstoestande in die laaste gedeelte van die winter gaan verbeter nie. Lae grondwatervlakke gaan ook ‘n negatiewe impak op die produksie van lewendehawe op natuurlike veld hê.  
Hoewel die huidige toestande ongunstig is, is dit moontlik om dit te bestuur en mortaliteite en gepaardgaande finansiële verliese te beperk. Die volgende riglyne kan gevolg word:
  • Maak seker dat die boerdery se kontantvloei oordeelkundig gehandhaaf word.
  • Beskerm die kernteeldiere. Dié diere moet ná die droogte inkomste genereer.
  • Waar dit steeds moontlik is, voorsien strategiese byvoeding in die veld.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Julie 2019

Braai gou, pryse gaan dalk nie hou

 
Verbruikers is die laaste tyd bederf met laer vleispryse, wat ook gehelp het om inflasie in toom te hou, maar dit is geen uitgemaakte saak dat die vleisie vir jou braai oor ’n paar maande steeds bekostigbaar gaan wees nie.
 
Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, skryf in ’n markverslag die laer vleispryse is deels vanweë ’n verwagte styging in die plaaslike vleisvoorraad nadat die uitbreking van bek-en-klouseer in Januarie tot ’n verbod op die uitvoer van Suid-Afrikaanse beesvleis na verskeie groot markte gelei het.
Lees meer ...

n Nuwe visie vir genomika in veeboerdery

‘n Navorsingspan het ‘n nuwe visie vir navorsing oor dieregenomika vir die volgende dekade ontwerp. Die bloudruk kan wetenskaplikes en boere help om aan die behoefte van ‘n stygende globale bevolking te voldoen terwyl dierewelsyn en -produksie ook verbeter word.

Genomiese tegnologie het in die laaste dekade groot vooruitgang getoon, maar die bloudruk doen ‘n beroep op verdere vooruitgang in terme van ander faktore wat saam met genomika daarin kan slaag om produksie te bevorder. Toekomstige navorsing behoort veeprodusente, veral in die beesvleis-, varkvleis- en akwakultuurbedrywe, te help om meer akkurate voorspellings te maak oor hoe hul bedrywighede sal presteer, gebaseer op ‘n verskeidenheid van veranderlikes.

Lees meer ...

Hoë risiko-gebiede vir knopvelsiekte by beeste geïdentifiseer

Navorsers het twee aparte rekenaarmodelle gekombineer om dié gebiede met die hoogste risiko vir uitbrekings van knopvelsiekte by beeste geïdentifiseer.

Die modelle kan owerhede help om te bepaal waar hulpbronne voor uitbrekings ontplooi moet word en dien as ‘n potensiële vroeë waarskuwingstelsel vir boere in geaffekteerde gebiede.

Lees meer ...

Metaan van vee moenie geblameer word vir klimaats-verandering nie

 
Die metaan wat deur koeie en ander vee vrygestel word, is nie verantwoordelik vir die styging in globale temperature nie, volgens ‘n kundige op die gebied van lugkwaliteit.
  
Prof Frank Mitloehner van die Davis Universiteit in Kalifornia waarsku bewerings dat aardverwarming deur veeproduksie veroorsaak word, ignoreer die werklike impak van metaan op die omgewing.
Lees meer ...

Plantgebaseerde patty “smaak soos die ware Jakob”

 
‘n Plantgebaseerde patty doen himself as ‘n regte burgerpatty voor op restaurante se spyskaart in sekere dele van Suid-Afrika – en daar word beweer dat dit presies dieselfde smaak as ‘n regte patty – maar jy sal jou sak moet skud.
 
Die Beyond Burger bied ‘n alternatiewe, vegan-vriendelik burgeropsie wat uit bestanddele bestaan wat geen vleis bevat nie. Dit is gemaak van ‘n interessante mengsel van bestanddele, insluitende ertjieproteïen, kanola-olie en beet om dit daardie sappige, bloedige voorkoms te gee.
Lees meer ...

Beesvleismark-tendense

 
In die internasionale mark sal die Nieu-Seelandse beesvleismark na verwagting voortgaan om ‘n stewige vraag te ervaar wat pryse sal ondersteun, hoewel voorrade na verwagting tot lae wintervlakke sal daal, terwyl die Amerikaanse beesvleismark steeds hoë vlakke van wisselvalligheid behoort te ervaar, volgens ABSA Agri Trends.
 
Die Amerikaanse mark is vol vertroue dat die 4 Julie-vieringe tot ‘n oplewing in vraag sal lei. Voortgesette nat weer plaas druk op die mark omdat hoër voerkoste ‘n impak op veemarkte het. In die plaaslike mark sal beesvleispryse na verwagting in die komende drie maande relatief stabiel bly. Klas C-pryse behoort weens die verhoogde seisoenale aanvraag in die winter te styg.
Lees meer ...

Skaapvleismark-tendense

 
Die Nieu-Seelandse lam- en skaapvleismark sal na verwagting voortgaan om ‘n verhoogde vraag te geniet, wat pryse stewig sal hou, volgens ABSA Agri Trends.
 
In die plaaslike mark sal pryse na verwagting oor die kort termyn onder druk bly weens die hoër graanpryse. Die verhoogde seisoenale vraag na Klas C-vleis behoort pryse oor die volgende drie maande te ondersteun, terwyl daar ook ‘n verbetering in Klas A-pryse verwag word. Die pryse van voerlammers behoort ‘n stygende tendens te volg.
Lees meer ...

Ontmoet Skaapvleis SA se nuwe "Lambassador", The Lazy Makoti


Skaapvleis SA het in Junie 'n nuwe “cooking with lamb" -videoreeks vrygestel saam met die Suid-Afrikaanse kos-persoonlikheid, Mogau Seshoene, ook bekend as “The Lazy Makoti”
 
Lees meer ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa