Copy

CLANWILLIAM NUUS | NEWS

Sakekamer & Toerisme

2022
Banner Photo: Cederberg 2-Day Trek
View this in your browser
Ons glo Meimaand was goed vir jou en dat jy uitsien na die winter. Elke dag is 'n nuwe geleentheid om 'n verskil te maak - wat gaan jy vandag vir iemand anders doen of beteken?
May
26
Follow us on Facebook
067 088 6969
Sederhof - Kermis
'n Kermis by Sederhof tehuis vir bejaardes is nie jou standaard basaar nie. Daar is natuurlik lekker pannekoek, basaar-poeding, gebak, gebraai, gebrei en heelwat vars plaas produkte, maar dit is nie al nie! Hierdie is 'n hoogte punt op die sosiale kalender vir ons geliefde senior burgers. Hulle eie kermisdag waar hulle kan saam kuier, lag en gesels! Amper soos nagmaal op Merweville - 'n samekoms van familie en vriende, waar vreemelinge altyd welkom is.
Kom Saterdag en kom koop, maar meer nog - kom kuier by iemand wie se dag jy kan opkikker met jou teenwoordigheid.

Sederhof Kermis: 'n feestelikheid wat vir die koue winter ekstra sonskyn en hoop bring. 
RSAM Clanwilliam
RSAM vir Goud

Die Clanwilliam tak doen dit weer en verower die
𝗦𝗮𝗻𝘁𝗮𝗺 𝗚𝗼𝘂𝗲 𝘁𝗼𝗲𝗸𝗲𝗻𝗻𝗶𝗻𝗴 𝘃𝗶𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟭.

Baie Geluk Neels en span (Carien & Lindie) met hierdie wonderlike prestasie.
 
Wupperthal
The characteristic white thatched buildings were the first thing I noticed when we drove into Wupperthal, a stark contrast against the dusty red wilderness of the Cederberg.
Wupperthal, about 70km southeast of Clanwilliam and 250km from Cape Town, is only accessible via a dusty gravel road winding through steep mountains after two German missionaries, Theobald von Wurmb and Johan Gottlieb Leipoldt (grandfather of renowned writer C Louis Leipoldt) settled among the native Khoikhoi families in the valley in 1830.
The population of the village expanded when slavery was abolished in 1838 and many freed slaves arrived from nearby farms.

READ MORE
Getaway Magazine
Change Makers Hub
Nelson Mandela Foundation
A site visit to Clanwilliam in the Western Cape has captured the thematic focus for #NelsonMandelaDay 2022; the intersection between climate change and food security. Change Makers Hub seeks to support the creation of inclusive circular economies through the creation of strategic partnerships and support which address the immediate issues of food security and climate change. 
Skimmelberg
Community Police Forum
Awareness Project - 2022-05-25 at ClanwilliamOpening of Child Protection week: Addressing Contact Related Crimes
Crimes against Women and Children
Road Safety
Sexual Offences
Emergancy Safety
Vulnerable group
Community Safety
School Safety
Trafficking in persons
Extortion pamphlets distributed
Cederberg Click Click
Duiwelsgat is nét duskant die hemel! Dis wat ons gedink het toe ons onlangs dié staproete van Eikebome tot in die Uitkykpas in een dag gestap het. All Trails sê dit is 25,4km, maar volgens ons slimhorlosies is dit nie meer as 22km nie.
Die maan was net besig om te sak toe ons omstreeks 7:00 begin stap het met die tweespoorpaadjie op in Sederhoutkloof, met pragtige wabome langs die pad, wat ons tot by die Sneeuberghut geneem het. Dit het ons twee ure geneem om tot by die hut te stap waar ons 'n ontbyt geniet het. Ons was nogal ontsteld om 'n leë Coke-bottel en 'n visblikkie te sien lê in en om die hut. Rommelstrooiers op enige plek, maar veral in die berg, maak mens die duiwel in!
Toe het ons die voetpad oor die plato, waar letterlik duisende suikerbosse (Protea repens) staan, gevolg in die rigting van Duiwelsgat. Verder klou die voetpad verbete aan die hange van die steil berge tot in die gat self. Net voor mens weer uit die gat stap, is daar 'n deel wat nét soos in die Knysna-woude lyk! Met varings, mos en stroompies net waar jy kyk, behalwe vir die sederbome wat hoog teen die rotse bokant groei. Die uitsigte in daai klowe af is moeilik om te glo of te beskryf en mens kan net nie lank genoeg kyk nie, so mooi is dit. Kort na die bopunt van Duiwelsgat is daar koningsproteas (Protea cynaroides) aan jou linkerkant. Dié proteas was so te sê klaar geblom, maar nog steeds baie mooi.
Vandaar stap mens oor 'n plato met 'n grasvlakte wat se "hare" baie deurmekaar is en dan af en nogmaals af tot in die Uitkykpas (knip maar die groottoonnaels ekstra kort).
Dis ongeveer 8 ure se stap (met 'n paar stoppe, rondkyktyd en tyd om foto's te neem). All Trails sê dis 'n moeilike stap, maar mens hoef ook nou nie so bang te wees soos die duiwel vir 'n slypsteen nie. Ons het erger verwag, maar ek sou sê mens moet darem redelik fiks wees.
Boonop ... ledigheid is die duiwel se oorkussing, gaan stap liewers Duiwelsgat.
Moet groot asseblief geen rommel strooi in ons berge nie!
Cederberg Click Click
Alicia Erasmus
Trekkers en meer
Trekkers en Meer is Maandag amptelik aangestel as Shaktiman handelaar deur 'n besoek van Pankaj Mangla, Shaktiman se Adjunk Bestuurder van Internasionele Bemarking!
Hierdie masjiene hoef vir niks en niemand terug te staan en hulle pryse sal beslis elke boer se sak pas! Kontak Tobie gerus op Whatsapp by 0829275093 of stuur vir hom 'n epos by tobie@trekkersenmeer.co.za vir meer inligting oor die mooi oranje masjiene wat tans by ons in die vertoon lokaal staan. Nog beter - kom sommer in persoon om die masjien van naby te besigtig en self ñ brosjure te lees terwyl ons ñ lekker koppie koffie drink.
Masgcor Cederberg 2-Day Trek
Thanks to all who joined us for the Masgcor Cederberg 2-Day Trek!!
Full results on:www.webscorer.com.
Social Media Picture of the week

Kromrivier Cederberg Park

House of Rooibos
Elders
Autumn touch... some days I rush and I miss the beauty all around.
Some days the beauty calls and the rush disappears.
- Stellenbosch -
Suzanne Ferreira
Cederberg Municipality
Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: 
News
Social Media: Facebook
May 2022: OPEN NEWSLETTER TO ALL RESIDENTS of Cederberg Municipality

Issued by the Office of the Executive Mayor,
Dr Ruben Richards, 24 May 2022 (16:00)
Title of this message: Let us embrace the new season

Dear Residents of the Cederberg,
I hope you are well. We are experiencing a change of season - the days are shorter, the nights are longer and the temperatures a bit colder. But I hope your hearts remain warm. Thank you for your prayers and support.
I would like to update you on what is going on inside the Municipality. As you know from my open letters and press statements, we have many challenges as a Municipality, especially financial challenges. The new Council has inherited a technically bankrupt Municipality or to use municipal finance language – an “unfunded budget”.
We are trying to fix it as fast as possible. Please see my 2022/2023 Budget Speech on the website for more detail about our turnaround plan and proposed budget and financial recovery plan.

READ MORE
Thought of the week
Clanwilliam Dam
26 May 2022 - 30.13%

2021 - 18% | 2020 - 5.24%
Would you like to receive any local news, adverts and important notifications from Cederberg Municipality? 
We would love to add you on a one-direction Whatsapp group. Interested?

Send a Whatsapp to:
Sanet Stander 067 088 6969
Dagboek | Diary
Please share all your events & things-to-do for the Cederberg region.
Ons gaan vanjaar Blomskou hou!
25 Augustus tot 4 September in die Blomkerk op Clanwilliam.
Weens Covid-19 kon ons vir twee jaar nie skou hou nie.
Die tema van vanjaar se skou en die verkiesing van die nuwe bestuur sal geskied tydens die jaarvergadering op 20 April. Enigiemand wat wil kom handjie bysit met die bou van vanjaar se spesiale skou, is meer as welkom. 
Meer inligting volg binnekort..
Webblad | Facebook
VISIT OUR PAGE: Tourism VISIT OUR PAGE: Tourism
FRIEND ON FACEBOOK FRIEND ON FACEBOOK
Email Email
We would like to offer optimal marketing opportunities as part of your membership of the Clanwilliam Tourism Association and Business Chamber.
The weekly newsflash is sent out to an email database, shared on social media & Whatsapp groups.
We will advertise any special and/or event that your business or organization hosts free of charge.

Please note: You could also sponsor a newsflash @ R300, if you are interested.
Contact: Sanet Stander - bookings@clanwilliam.info | 067 088 6969
Copyright © 2022 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp