Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
Junie 2021

VL skop vas teen Vuurwapenwet wysigings  

“Die  voorgestelde wysigings aan die Vuurrwapenbeheerwet is irrasioneel en absurd!" sê Vrystaat Landbou.
Die wysigings behels onder meer dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging verwyder word.
Danksy toegepaste druk van verskeie instansies en organisasies, is die datum vir kommentaar uitgestel na 31 Julie 2021. 
Voeg jou naam
hier by ons petisie om die voorgestelde wysigings te stop!

Ramaphosa se weersprekende boodskappe oor grond
President Ramaphosa het die konsep van voogdyskap van die staat oor grond verwerp en gesê die ANC-beleid is om grondeienaarskap te bevorder. In dieselfde asem, het die President egter sy steun aan die Ad Hoc-komitee se mandaat – wat daarop fokus om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak – herbeklemtoon

Lees hier verder

Openbaar eerder jou positiewe Covid-status of...

In die lig van die jongste Vlak 4 inperking Regulasies uitgevaardig in terme van die Wet op Rampbestuur van 2002, is dit belangrik dat elke werknemer en by implikasie die werkgewer ook, kennis dra van die belangrike uitspraak en die gevolge van ‘n versuim van 'n werknemer om sy / haar positiewe COVID-19 status in die werkplek te openbaar.
Gernie Botha, Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou, het 'n opsommende dokument vir u gerief opgestel en kan dit op VL se webtuiste gevind word onder Lede area> Dokumente > Arbeid
*Gebruik jou VL-lidnommer om in te teken* 

 

Brande teister Wes-Vrystaat

Die goeie reën einde 2020 en begin 2021 het digte veldtoestande tot stand gebring. Tot met 30 Junie 2021, het  ongeveer 43 000 ha in die Vrystaat reeds afgebrand sedert die begin van die veldbrand seisoen teenoor 3 900 ha dieselfde tyd verlede jaar. Die inligting is volgens die Vrystaat Sambreel Brandbeskerming Assosiasie .

Terugvoer oor oorsaak van brande in die laaste week van Junie vanaf Johann Terblanche van Goudveld BBV wys op die volgende:

  1. ESKOM Kraglyne - Boere is ook gevra deur ESKOM om kraglyne op u plaas te inspekteer en foutiewe/gebreekte pale / kraglyne wat moontlik 'n brandgevaar mag wees so gou moontlik aan ESKOM te rapporteer. ESKOM kontakbesonderhede is by u streekverteenwoordiger of VL kantoor beskikbaar.
  2. Twee brande in die Wes-Vrystaat was van munisipale asgate afkomstig –  brandbeamptes gaan kriminele klagtes indien oor die versuim van die munisipaliteit om die nodige oorsig te hou en dat hulle nie brandbane om die asgate gemaak het nie. 
  3. Plaaswerker huise – dit is versoek dat boere om hulle plaaswerker huise brandbane ploeg/sny en hulle bewus maak van die gevare van brande en die veilige weggooi van ou as.

Landbouverenigings word versoek om hulle skakelpersoon wat op die Statuêre Brand Beskermingsvereniging (BBV) dien se naam aan Cynthia Troost by Vrystaat Landbou se kantore deur te gee by cynthia@vslandbou.co.za en seker te maak hulle BBV inligting is op datum en geregistreer by Mnr  Ndabankulu by Departement Omgewingsake op qndabankulu@environment.gov.za
VL se rampbeleid, wat protokol oor die hantering van hulpverlening na 'n ramp uitwys, is op ons webtuiste beskikbaar onder Lede area> FSA beleid

*Gebruik u VL lidnommer om in te teken*

Vrystaat Landbou Jaarkongres uitgestel

Vrystaat Landbou het beplan om op 5 Augustus 2021 ons Jaarkongres aan te bied. 
Vanweë Covid-19 regulasies wat na vlak 4 verander is op 27 Junie, moet die geleentheid egter uitgestel word. VL bestuur sal op 30 Julie 'n finale besluit oor die formaat van die Kongres neem. 
Navrae kan gerig word aan cynthia@vslandbou.co.za of elana@vslandbou.co.za 

Trotse bedryfsvennote van Vrystaat Landbou 
Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.

 
U ontvang hierdie e-pos omdat u tans ingeteken is op Vrystaat Landbou se e-pos-adreslys en ander Vrystaat Landbou verwante kommunikasie.
In ons poging om die nakoming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 ("POPIA") te verseker, wil ons u toestemming bevestig vir ons voortgesette korrespondensie met u.
 Let daarop dat as u in die toekoms ons nuusbriewe en kommunikasie wil ontvang, GEEN AKSIE nodig is nie. As u egter geen inligting van Vrystaat Landbou wil ontvang nie, stuur 'n versoek aan die media-administrateur by Vrystaat Landbou, Elana Bester, by elana@vslandbou.co.za


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram