Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
Augustus 2021

107 639 voorleggings teen die grondwetlike wysiging

Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet sal slegs tot die ellende van Suid-Afrika bydra. Dit was die boodskap aan die parlement van die meer as 107 000 burgers wat aan Vrystaat Landbou (VL) se openbare veldtog om eiendomsreg te beskerm en die grondwetlike wysiging van artikel 25 teë te staan, deelgeneem het.
Lees hier verder

Positiewe wending tydens Onteiening publieke verhore

Verteenwoordigers van die Vrystaat Landbou het gedurende 26 - 29 Augustus hul formele besware teen die voorgestelde onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm gemaak, tydens die laaste been van die openbare verhore. 
Volgens dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, was dit verblydend om die verandering in openbare mening tydens hierdie verhore te sien, in vergelyking met vorige verhore waar onteiening sonder vergoeding deur die meerderheid ondersteun is.
Lees meer

Landelike veiligheid bly 'n hooffokus 

Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, gee terugvoer oor: 
- plaasaanvalle en - moorde vir Julie/Augustus 2021 
- kwaadwillige saakbeskadiging wat 'n groot kommer word
- VL veiligheidsfonds R175 000 sterkter danksy Agriculture.golf 
- Covid-19 se bedreiging vir landbou
- Vodacom "Push-to-talk" toep 

Die volledige verslag is hier beskikbaar

(VL-lede kan met hul lidnommer inteken)

Vrystaat Landbou Virtuele Jaarkongres

Vanweë Covid-19 regulasies wat bywoning van byeenkomste beperk, het die bestuur van Vrystaat Landbou besluit om vanjaar 'n virtuele kongres aan te bied. Die aanlyn geleentheid sal op 22 September met behulp van DigiTV uitgesaai ('live stream') word. 

Navrae insake registrasie kan gerig word aan cynthia@vslandbou.co.za of elana@vslandbou.co.za 
Die skakel na die virtuele kongres sal binnekort aan alle lede gestuur word.

Golfdag sterk VL se Veiligheidsfonds

Francois Wilken gesels oor wat die Agriculture.golf inisiatief vir VL beteken.

Agriculture.golf en Vrystaat Landbou (VL) het op 2 September as vennote hande gevat om ʼn gholfdag ten bate van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidsfonds aan te bied.
Die bedrag wat deur die suksesvolle geleentheid ingesamel is, beloop R175 000. 
Loer gerus hier wat Francois Wilke, president van VL, van die geleentheid sê
Weens die sukses van die dag, word daar reeds 'n soortgelyk dag vir 2022 beplan. Navrae oor deelname of borgskappe kan gerig word aan elize@vslandbou.co.za  

 

Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.

 
U ontvang hierdie e-pos omdat u tans ingeteken is op Vrystaat Landbou se e-pos-adreslys en ander Vrystaat Landbou verwante kommunikasie.
In ons poging om die nakoming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 ("POPIA") te verseker, wil ons u toestemming bevestig vir ons voortgesette korrespondensie met u.
 Let daarop dat as u in die toekoms ons nuusbriewe en kommunikasie wil ontvang, GEEN AKSIE nodig is nie. As u egter geen inligting van Vrystaat Landbou wil ontvang nie, stuur 'n versoek aan die media-administrateur by Vrystaat Landbou, Elana Bester, by elana@vslandbou.co.za


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram