Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
September 2021

Bied weerstand, staan op en staan saam

“Bied weerstand teen korrupsie, swak dienslewering en dreigende onteiening van bates deur beheer te neem van jou onmiddellike omgewing en omstandighede”.

Dit was die oorheersende boodskap van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, tydens vanjaar se kongres wat virtueel aangebied is. 

Lees hier verder

Harde woorde tydens Vrystaat Landbou kongres 

"Gegewe die tyd en omstandighede waarin landbou homself op die oomblik bevind, is dit dalk nodig.” Dit was die mening van Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), oor kwessies wat hard aangespreek is tydens Vrystaat Landbou se virtuele jaarkongres op 22 September. 

Veediefstal is ekonomiese sabotasie van die landbousektor

Die tekortkominge wat tans by Veediefstal Eenhede (VDE) in die Polisie bespeur word, is bydraend tot wat bykans as ekonomiese sabotasie van die landbousektor beskou kan word. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO).

Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, is bekommerd dat  veediefstal op die oog af nie as ʼn prioriteit deur die polisie geag word nie.

Lees hier verder

Brande verwoes meer as 400 000ha in Vrystaat 

Talle veldbrande het tydens Augustus en September verwoesting in die Vrystaat gesaai en dit wil voorkom of dié brandseisoen een van die ergstes nog in die provinsie gaan wees. 
Vrystaat Landbou (VL) se Kommersiële bestuurder, dr Jack Armour, sê dat VL ʼn inisiatief geloods het om voer van buite die Vrystaat aan te koop en na die geaffekteerde areas te voorsien. Gegewe die koste van hierdie projek, beroep VL hom ook op die steun van die gemeenskap en sakesektor.

Navrae kan gerig word aan jack@vslandbou.co.za of elize@vslandbou.co.za

 Bedryfsvennote van Vrystaat Landbou 
Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.

 
U ontvang hierdie e-pos omdat u tans ingeteken is op Vrystaat Landbou se e-pos-adreslys en ander Vrystaat Landbou verwante kommunikasie.
In ons poging om die nakoming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 ("POPIA") te verseker, wil ons u toestemming bevestig vir ons voortgesette korrespondensie met u.
 Let daarop dat as u in die toekoms ons nuusbriewe en kommunikasie wil ontvang, GEEN AKSIE nodig is nie. As u egter geen inligting van Vrystaat Landbou wil ontvang nie, stuur 'n versoek aan die media-administrateur by Vrystaat Landbou, Elana Bester, by elana@vslandbou.co.za


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram