Copy
Hartbees
Hartbees | Newsletter September 2021
Dames en Here,

Hiermee September 2021 se Nuusbrief. 

Ek hoop die nuusbrief vind julle in goeie gesondheid. 

Daar was gedurende 2021 ‘n paar tak aktiwiteite aangebied en die opkoms was baie goed.

Die nasionale skietkompetisies is goed op dreef en ek gee graag die volgende deur: Nasionale President spanskiet ---- Hartbees A eindig 16e in die land. Baie geluk

Individuele presidentskiet kompetisie.
Johan van der Walt en Hannes de Kock het Platinum verower.
Carel Erasmus het 4e gekom onder die seniors.

MDS.
Meyer du Plessis het ‘n 3e plek gekry in sy kategorie.

.22 Nasionale skiet @ Welkom.
Ettiene Delport en Jan de Kock is uitgenooi en hulle skiet eersdaags. Baie sterkte.

Die skietbaan is weer oop vir lede. Neem asb kennis dat die protokol van toegang tot die perseel verander het. By die hoofingang moet al die skuts/lede/insittendes die voertuig verlaat en hulle voete dip. Daar is ‘n boek wat ook ingevul moet word by die hek. Die plaas se personeel gaan die voertuig se pedale en plekmatjies ook spuit met ‘n ontsmettings middel.
Laasgenoemde se prosedures is nie onderhandelbaar nie! Enige lid wat moeilik gaan wees oor die prosedures sal toegang tot die perseel verbied word.

Ons het ook ons eerste voorval gehad waar ‘n persoon nie bogenoemde gehoorsaam het nie. Die betrokke persoon is dan ook die skietbaan verbied. Bestuur gaan optree teen persone wat die versoek verontagsaam om sodoende die gebruik van die baan te beskerm.

Daar was ook ‘n geval waar ‘n skut stene op die baan verwyder en daarna skiet. Dit is nie opbouend nie en enige persoon met meer inligting hieroor kan bestuur kontak. Ons sal jou baanfooi vir 2jaar borg sou ons die skut vastrek met die inligting.

SAJWV het alle lede se toegewyde statusses vir 2021 behou, met ander woorde, almal  voldoen aan die vereistes. As dit moontlik is moet alle lede tog vergaderings en skietdae bywoon waar moontlik.

Dankie aan al die persone wat bygedra het tot die ryding vir die baanopsigter. Sy is nou weer mobiel. Sien gerus ons webblad vir ‘n foto waar die Nissan bakkie oorhandig is.

Die SMS sisteem sal nie meer gebruik word nie. Die kostes verbonde aan die sisteem is baie hoog. Daar is ‘n WhatsApp groep waar inligting deurgegee word. Kontak bestuur of ander lede op die groep sodat hulle u uitnooi om by die groep aan te sluit. 
OF ……. Skandeer die QR-kode hieronder.

















Op die AJV is die baanfooi vir 2022 verhoog na R450 per jaar (vanaf 1 Februarie 2022). Dit is die eerste verhoging in 3 jaar. Seniors se fooie beloop R400 per jaar. Koeponne bly onveranderd op R100 per besoek per lid/gas.


 

Lede Versoeke, Probleme en Voorstelle:

Die bestuur doen weer ‘n beroep op alle lede om enige versoeke, probleme, onduidelikhede en voorstelle na ons te bring vir bespreking.

Dit is takbeleid dat ons lede met bogenoemde na die takbestuur sal kom om sake te bespreek wat tot almal se voordeel strek.



Die datums van vergaderings, skietdae, asook opleiding is op die webblad (www.hartbees.co.za) beskikbaar. Die meeste van 2021 se vergaderings, opleiding en skietdae is op kalender beskikbaar.


 

TERUGVOER VANAF BESTUUR:

  • Koeponne en baanfooie (kontant) kan by my kantore aangekoop word:
    • Lektratek Water Tegnologie, 22b Forsmannstr, Potchindustria.
    • Kontak persoon: Elsabè van der Walt.
  • EFT kan soos per webblad gedoen word.
  • Koeponne is ook beskikbaar by Advance Gunsmithing, CFJ du Plessis gebou, 390 Walter Sisulu laan, Potchefstroom.
  • Hou die spasie dop ----- ons is besig met die beplanning vir die uitbreiding van MDS bane. Bestuur is baie opgewonde en verdere inligting volg binnekort.

OPLEIDING

Daar word ‘n Toegewyde Jagters kursus beplan vir 20 November (teorie) en 27 November (prakties).

Vir inligting oor die volgende kursus kontak Johan Oelofse (082 446 2262).

Meer inligting is ook op ons kalender op die webwerf beskikbaar.

Inyathipark Nuus

KINDLY READ THE NEWSLETTERS FROM OUR CEO, FRED CAMPHOR
 
For more on Inyathipark news click here  (The latest newsletter 15th  of October 2021).
 

www.sahunters.co.za:

  • Lede wat toegang het tot die internet word aanbeveel om te registreer op die webblad.
  • Sertifikate en endossemente (vir nuwe wapen aansoeke) kan hier afgelaai word.
  • Wapenlisensie inligting kan ook hier opgelaai word. Hier sal jy dan ‘n SMS ontvang wanneer dit tyd is vir hernuwing van ‘n lisensie.
  • Nuwe funksie op webblad is gestig sodat jou bevoegdheid sertifikaat se data ook gelaai kan word. Jy sal ‘n SMS ontvang wanneer dit tyd is om die bevoegdheid sertifikaat te hernu.
  • Aktiwiteite by ander organisasies (bv Bisley, Wingshooting, ens) kan ook op die aktiwiteits register gelaai word. 
  • Moet asb nie SMS’e en boodskappe versprei met ‘n onbekende oorsprong nie. Hoofkantoor sal lede dadelik in kennis stel van enige veranderinge rondom die wapenwet. Verkeerde boodskappe en SMS’e veroorsaak verwarring en lei tot verkeerde aksies/optrede van lede. 
  • Aansoek om Bevoegdheid kan saam met jou aansoek vir wapenlisensie ingehandig word.
  • Lees asb die skrywe oor die “groen lisensies”. Dit gaan binnekort ongeldig wees. Ons beveel aan dat jy die omskakeling na nuwe kaartlisensies so spoedig as moontlik doen.

Plaaslike Polisie Kantoor


Ons plaaslike kantoor is ons taklede steeds baie goedgesind en gaan uit hul pad om ons te akkomodeer sover hulle kan. Respekteer asseblief ook hulle posissie om ons verhouding te versterk.

Let wel:
  1. Die plaaslike kantoor neem nie aansoeke op Vrydae nie. Dit is ‘n interne reëling wat hulle gemaak het om agterstallige administrasie op te vang. Hulle gaan dit nie op ‘n skrywe kommunikeer nie.
  2. Alle afskrifte moet gesertifiseer word! Doen dit vooraf. Geen aansoeke gaan hanteer word as dit nie gedoen is nie.

Lede wat uitstaande lisensiekaarte het moet asb verseker dat dit afgehaal word so gou moontlik om te voorkom dat dit terug gestuur word. Lede wat langer as ses maande wag vir lisensiekaarte moet asb vir Petrus Swart (petrus@sahunt.co.za) by SAJWV hoofkantoor kontak. Hy sal jou bystaan en terugvoer gee. Let wel dat die aansoeke vir Semi-Auto gewere (AR’s) nou strenger ondersoek gaan word. Ons verwag problem met aansoeke.

Rekenaar

Die tak het nou ook ‘n Facebook blad waarby ons alle lede wil aanmoedig om inligting te bekom oor takvergaderings, takskiet dae, promosies en allerlei inligting.

Alle inligting is beskikbaar op die web (www.hartbees.co.za).

Navrae moet die volgende inligting bevat : Naam, Voorletters, Van, LID NR en E-pos adres.

Sonder die inligting kan ons geen navrae beantwoord nie.

Daar is by elke takvergaderig 'n lid van die rekenaarspan beskikbaar om navrae te hanteer.

Onthou om op die tablet jou teenwoordigheid aan te teken.

Om enige advertensies te plaas op die webtuiste, skakel asb die Webmeester. Kontak besonderhede is beskikbaar op die webtuiste.

 

Hartbeesgroete,
Johan van der Walt ( VOORSITTER )


Email not displaying?
View it in your browser.


 

Copyright © 2021 Hartbees, All rights reserved.

Our mailing address is:
Hartbees
Potchefstroom, North West, South Africa
Potchefstroom, NW 2531
South Africa

Add us to your address book

You are receiving this email because your are a member of Hartbees SA Jagters.
Email Marketing Powered by Mailchimp
unsubscribe from this list | update subscription preferences