Copy
View this email in your browser

 Nuusflits
November 2021

Wees paraat dié feesseisoen!

Met die feesseisoen op hande doen Jakkals Le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, ʼn ernstige beroep op boere om uiters paraat te wees en seker te maak dat hul veiligheidsplanne in plek is. “Kriminele aktiwiteite vier ongelukkig hoogty hierdie tyd van die jaar en moet  landbougemeenskappe baie paraat en oplettend wees vir enige verdagte persone of voertuie.”

Vrystaat Landbou wil graag
veiligheidswenke met u deel. Kliek hier om die wenke te sien. 

VL eis meer doelgerigte polisie ondersoeke

Vrystaat Landbou (VL) eis van die Minister van Polisie sowel as die Vrystaatse polisiekommissaris om plaasmoorde en –aanvalle doelgerig te ondersoek, sodat die skuldiges voor die hof gebring kan word en suksesvolle vervolging kan plaasvind.

Dié reaksie van VL volg op die uitspraak van die Brendin Horner-moord waar die twee verdagtes vrygespreek is weens onvoldoende getuienis om hulle met die moord te verbind.

Lees hier verder

Boere wil voedsel produseer, nie paaie herstel nie!

Met die feesseisoen op hande en die groot somerreëns wat voorspel word, is talle boere regoor die Vrystaat besig om self paaie te herstel.

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, is egter bekommerd aangesien boere uitgeput is! "Boere ry reeds snags patrollie om hul landelike gemeenskappe te beveilig en hul vee op te pas. Dan is hulle ook nog op hulself aangewese om rampe te bestry. Daar kan nie van boere verwag word om nog paaie ook te herstel weens die staat se onvermoë nie.”

Lees hier verder

 

Toename in veediefstal langs Lesothogrens

Die Vrystaat provinsie het vir die tweede kwartaal van 2021/2022 reeds 847 aangemelde veediefstalsake gehad. 
Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, is 247 van die 847 sake deur 13 boerderygemeenskappe langs die Lesothogrens aangemeld. 


Lees hier verder 

Arbeidsinspeksies

Volgens ‘n mediaverklaring deur die Departement van Indiensneming en Arbeid, gaan blits inspeksies in die landbousektor in die Noord-Kaap uitgevoer word. Hierdie geïntegreerde inspeksies vind al hoe meer plaas en bestaan dikwels uit alle dienste wat deur die Inspeksie en Handhawingsdienste wat ondere andere voldoening aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Nasionale Minimumloon Wet, Wet op Werkloosheidsversekeringsfonds insluitend die Wet op Werkloosheidsbydraes sowel as die Wet op Gelyke Indiensneming.
 
Die inspeksies vind plaas in samewerking met belanghebbendes soos die Departement van Binnelandse Sake, Mensregte Kommissie, Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming asook die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery.
 
Werkgewers in die landbousektor moet hierop let en sorg dat dokumentasie van toepassing in plek is ten einde vervolging te voorkom.

 

Nasionale Minimum loon

Vrystaat Landbou het alreeds aan die versoek vanaf die Nasionale Minimumloon Kommissie voldoen om kommentaar te lewer wat betref moontlike aanpassings van die loon in 2022. In hierdie opsig word daar tans gewag vir die Minimumloon Kommissie se aanbeveling aan die Minister van Indiensneming en Arbeid en sal daar vanaf provinsiale tot nasionale vlak daarop gereageer word.
Die drastiese aanpassing in die loon vroeër vanjaar, asook die geweldige toename in insetkoste, is ondere andere onderwerpe wat aandag sal geniet in geval van voorgestelde negatiewe aanpassing.


Navrae kan gerig word aan gernie@vslandbou.co.za 

Rapporteer sprinkane
Meld sprinkane in die Vrystaat via WhatsApp aan by u plaaslike sprinkaanbeampte of die selnommers soos in grafika aangedui. Dit is noodsaaklik dat  GPS-koördinate en 'n foto die boodskap vergesel.

"Voetgangers" het onlangs in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap begin uitbroei en ons hoop en vertrou dat hulle beheer kan word voordat hulle begin vlieg.

Na die onlangse gunstige reën kan voetgangers moontlik in die Vrystaat  begin uitbroei. Vrystaat Landbou doen daarom 'n beroep om asseblief enige insidente dadelik te rapporteer.  
Copyright © 2021 |Free State Agriculture|, All rights reserved.

 
U ontvang hierdie e-pos omdat u tans ingeteken is op Vrystaat Landbou se e-pos-adreslys en ander Vrystaat Landbou verwante kommunikasie.
In ons poging om die nakoming van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 ("POPIA") te verseker, wil ons u toestemming bevestig vir ons voortgesette korrespondensie met u.
 Let daarop dat as u in die toekoms ons nuusbriewe en kommunikasie wil ontvang, GEEN AKSIE nodig is nie. As u egter geen inligting van Vrystaat Landbou wil ontvang nie, stuur 'n versoek aan die media-administrateur by Vrystaat Landbou, Elana Bester, by elana@vslandbou.co.za


Our mailing address is:
*info@vslandbou.co.za* 

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp
Facebook
Twitter
Website
Instagram