Copy
Welkom by Februarie 2022 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser
Geagte RPO Nuusbrief Intekenaar. Die RPO elektroniese nuusbrief is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.   Ons wil u derhalwe VERSOEK om asb u taalvoorkeur aan ons deur te gee ten einde te verseker dat u die nuusbrief slegs in Afrikaans of Engels ontvang.  Indien u beide tale verkies, ignoreer hierdie boodskap. Indien u 'n nuusbrief meer as een maal ontvang, "kanselleer intekening" asb onderaan. U spoedige terugvoering sal opreg waardeer word. Kliek hier vir u taalvoorkeur 

Nuutste invoersyfers bekend

Beesvleisinvoere vir November 2021 het 701 ton beloop, volgens Agri Inspec.

Dit verteenwoordig ‘n styging van 99% vergeleke met November 2020. Die vry-aan-boord-prys vir November 2021 was R39.15 p/kg en vir November 2020 was dit R47.11 p/kg. Dit verteenwoordig ‘n 16% daling in die prys per kg.

Lees meer ...

Tekorte aan vee-entstowwe is ‘n bron van kommer


Die meeste entstowwe wat benodig word om Suid-Afrikaanse lewendehawe te beskerm, word deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig.
 
Volgens ‘n artikel in die Daily Maverick het bronne in die veebedryf en veeartse aangedui daar is ‘n kritieke tekort aan baie van dié entstowwe en bestuursprobleme by OBP blyk die probleem te wees. Die OBP-raad sê hulle het ‘n morsige situasie geërf, maar beplan om hul fasiliteite op te gradeer, wat volgens hulle in die verlede nie behoorlik in stand gehou is nie.
Lees meer ...

Koei se neuse kan ingespan word in herkenning-tegnologie

Baie mense gebruik hul vingerpunte om hul fone oop te sluit en soortgelyke tegnologie kan nou in beeskrale gebruik word.

 

Navorsers sê ‘n koei se snoet is net soos ‘n vingerafdruk en daarom kan koeie ook die wêreld van gesig-herkenning betree.

Lees meer ...

Minder vleis nie noodwendig goed vir die omgewing nie

Navorsing wat in Australië gedoen is dui daarop dat die klimaatvoordele wat daaraan verbonde is om rooivleisverbruik tot onder aanbevole hoeveelhede in dieet-riglyne te verminder, klein is en selfs tot ander omgewingsprobleme, soos ‘n groter tekort aan water, kan lei.

 

Meat & Livestock Australia (MLA) het ‘n interessante verslag saamgestel op grond van navorsing wat deur die Statebond wetenskaplike en industriële navorsingorganisasie (CSIRO) en ander institute uitgevoer is.

Lees meer ...

Navorsing onthul die voordele van versadigde vette


Dr. Paul Saladino, outeur van The Carnivore Code en Nina Teicholz van The Nutrition Coalition, het navorsing oor hoender en waarom versadigde vette as gesonde kos beskou kan word, hersien.
 
Volgens Dr Saladino is rooivleisverbruik aan die afneem weens die feit dat rooivleis en versadigde vette belaster word en daarom eet mense al meer hoendervleis.
Lees meer ...

Perspektief

‘n Analise van die voorkoms en belang van beeste in die wêreld

Vir hierdie maand se bydrae het ek gedink dit is miskien belangrik dat ek ‘n opsomming vir lesers gee van ‘n oorsigartikel wat ons oor hierdie onderwerp voorberei het, veral gesien in die lig van baie kritiek, soms onbillik en onakkuraat, wat gerig word teen beesboerdery. As lesers geïnteresseerd is om meer te weet, kan hulle my gerus kontak.
Lees meer ...
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Vrouens wat te min vleis eet, se gesondheid in gevaar


Jong vroue se gesondheid word bedreig deur ‘n gebrek aan noodsaaklike voedingstowwe in hul dieet omdat hulle min of geen rooivles- en suiwelprodukte inneem nie, het ‘n senior wetenskaplike gewaarsku.
 
 
Professor Iam Givens van die instituut vir voedsel, voeding en gesondheid by the Reading Universiteit, sê 50% van vroue tussen die ouderdom van 11 en 18 neem minder as die aanbevole minimumvlakke van yster en magnesium in, terwyl 25% van vroue te min kalsium, jodium en zink inneem.
Lees meer ...

Meet van medisynegebruik in vee kan help teen antimikrobiese weerstandigheid


Die meet van die hoeveelheid antimikrobiese medikasie wat aan vee gegee word kan help om ‘n groter begrip te skep oor hoe antimikrobiese weerstandigheid, wat voorkom wanneer gevaarlike mikrobes so gewoond raak teen antimikrobiese medikasie dat dit weerstandig raak, beperk kan word.
 
Om die werklike gebruik van antimikrobiese middels in diere op ‘n groot skaal te meet, is egter steeds ‘n logistieke uitdaging. Omdat dit makliker is om data oor antimikrobiese verkope vir gebruik by diere te bekom, word dit algeneem gebruik as die nasionale vlakke van antimikrobiese gebruik. Wetenskaplikes by die Cornell Universiteit van veterinêre medisyne het vier verskillende metingsmetodes wat wêreldwyd gebruik word, ge-analiseer.
Lees meer ...

Sekere beeste kan 30% minder metaan vrystel


Die produksie van beeste het ‘n groter impak op klimaatverandering as wat die geval met ander lewendehawe is weens die hoë metaanvrystellings van die diere se spysverteringstelsel.
 
Maar nuwe navorsing het bevind sommige vleisbeeste kan gemiddeld soveel as 30% minder metaan vrystel teen dieselfde vlak van produksie.
Lees meer ...

Toestande is bevorderlik vir slenkdalkoors


Die EcoHealth Alliance het inligting gedeel wat daarop dui dat soortgelyke ekologiese toestande tans bestaan as wat die geval was toe ‘n groot uitbreking van Slenkdalkoors van 2009 tot 2002 plaasgevind het, volgens die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
 
Boere word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir kliniese tekens van Slenkdalkoors sowel as uitermatige baie aborsies.
Lees meer ...

Neigings in die beesvleismark


‘n Hoër verbruikersvraag het daartoe gelei dat beesprodusentepryse opwaarts beweeg het in Desember 2021, volgens AMT.
 
Speenkalfpryse het ook op ‘n hoër vlak gebly met laat aankope van voerkrale, wat die vraag ondersteun het terwyl beskikbaarheid ook baie beperk was. Slagpryse kan oor die volgende maand of twee op ‘n hoër vlak bly, maar speenkalfpryse kan laer neig weens ‘n beperkte aanvraag.
Lees meer ...

Neigings in die skaapvleismark


‘n Groter aanvraag na die einde van 2021 toe het ondersteuning aan die lam- en skaapslagpryse gebied, volgens AMT.
 
Lampryse het ook op die rug van laer voorrade gestyg, maar pryse sal daal omdat die hoër vraag beperk was tot Desember.
Lees meer ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa