Copy
Welkom by November 2020 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Navorsingstudie op misdadigers van veediefstal vrygestel

 Die oorhoofse doelstelling van die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum (NVVF) is om binne die georganiseerde landbou 'n verteenwoordigende struktuur te wees in die stryd teen veediefstal en om spesifiek veediefstal te voorkom deur te verseker dat wetgewing nagekom word en die vervolging van diegene binne die rooivleiswaardeketting wat nie aan wetgewing voldoen nie.

Een van die sekondêre doeleindes is om in nasionale belang, moontlike navorsingsareas in die voorkoming van veediefstal te identifiseer.

Lees meer ...

Bek-en-klouseer in Botswana het nie invloed op handel

 
Die bek-en-klouseer-uitbreking in Botswana is in die land se beheerde gebied waar jaarlikse inenting plaasvind en dit het nie ‘n invloed op handel vanuit die gebiede wat vry is van bek-en-klouseer sonder inenting nie.
 
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het in antwoord op ‘n navraag van die RPO gesê handel in lewendige beeste en beesvleis van Botswana word nie geraak nie aangesien Suid-Afrika nie van bek-en-klouseer-beheergebiede invoer nie.
Lees meer ...

Vleis is beter vir spiere soos wat ons ouer word


Vleisdiëte is gesonder as plant-gebaseerde diete vir mense, veral as hulle ouer raak, het nuwe navorsing getoon.
 
Navorsers het bevind diere-proteïen is meer doeltreffend as plantproteïen om te voorkom dat spiere wegkwyn. Daar is bevind vegans sal baie meer grane, peulgewasse en bone moet eet as hulle dieselfde voordeel wil verkry as dié wat mense kry as hulle vleis, suiwel en eiers eet.
  
Die navorsers van Kings College in Londen stel voor dat mense ‘n gebalanseerde dieet van diere- en -plantproteïene volg.
  
As ‘n persoon van ‘n diere-gebaseerde dieet oorskakel na ‘n plant-gebaseerde dieet sal dit heel moontlik nadelige gevolge vir hul spiere inhou wanneer hulle ouer word.
  
Spiere word ondersteun deur aminosure wat tydens oefening versterk word en soos wat mense ouer word, het hulle ekstra hulp nodig om te voorkom dat hul spiere agteruitgaan.
Bron : https://www.dailymail.co.uk/news/article-8516093/Meat-eating-boosts-muscle-health-better-plant-based-diet-age-new-study-suggests.html

Platform vir vleisherkoms kan plaaslike voorsieningsketting bevoordeel


Soos wat die COVID-19-pandemie voortgaan om die toekoms van landbou en die voedselsektor te hervorm, is daar nou meer as ooit tevore ‘n behoefte aan volledige deursigtigheid en aanspreeklikheid in die plaaslike beesvleisvoorsieningsketting.
 
Anzill Adams, Hoofuitvoerende beampte van die nuut gestigte BeefLedger SA, sê COVID-19 het die kollig geplaas op ‘n behoefte vir die daarstelling van voedselherkoms in die beesvleisbedryf om bio- en voedselsekerheid te verbeter in belang van uiteindelike verbruikersvertroue en -tevredenheid.
Lees meer ...

Namibië soek nuwe markte


Die Vleisraad van Namibië is op soek na nuwe markte vir Namibiese vleis om geleenthede vir boere uit te brei.
 
Volgens die Vleisraad is verskeie studies en ondersoeke geloods om markte te identifiseer wat by die land se tradisionele markte gevoeg kan word, naamlik Suid-Afrika, China, Amerika, Noorweë en die Europese Unie. Verskeie markte in die Midde-Ooste het belowende resultate opgelewer.
  
Huidige markte is sensitief vir bek-en-klouseer en daarom kan markte in die Midde-Ooste alternatiewe bied. Namibië se beesvleis- en beesproduksie is egter tans beperk weens die 2019-droogte en verdere navorsing sal nie noodwendig tot die benutting van markte lei nie.
  
Tydens die periode van Januarie tot Augustus het die totale bemarking van beeste met 31% gedaal ondanks die feit dat produsentepryse ‘n styging van 2% en speenkalwers ‘n styging van 39% getoon het. Uitvoere van speenkalwers, wat 63% van die totale beesmark opneem, het met 49% tydens die betrokke periode gedaal.
Bron : http://www.xinhuanet.com/english/2020-10/12/c_139434764.htm

Prysneigings in die produsenteprys van lam


Die produsenteprys van Klas A2/A3-lam was altesaam 0,3% laer tydens die week van 9 Oktober vergeleke met die vorige week, volgens AMT.
 
Die afname in die prys kan hoofsaaklik toegeskryf word aan groter voorrade in die mark.
  
Die prys was 0,8% hoër as ‘n maand gelede en jaar-op-jaar 33,2% hoër.
Lees meer ...

Perspektief


Kan die amptelike toetsperiode vir groei en doeltreffendheid van vleisbulle verkort word?

As die toetsperiode van vleisbulle verkort kan word sal dit voordelig wees uit ‘n koste- oogpunt sowel as die feit dat meer bulle per jaar getoets kan word.

Uit ‘n nasionale oogpunt beteken laasgenoemde dat ‘n groter seleksiedruk op doeltreffendheid dan moontlik is. In die huidige toetsprosedure by die LNR word Calanhekkies gebruik om meetings oor 84 dae na ‘n aanpassingsperiode van 28 dae uit te voer.
Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward

November 2020

Voordele van rooivleis geïgnoreer


Die negatiewe uitwerkings van rooivleis op menslike gesondheid en dié van vee op die natuurlike omgewing word oorbeklemtoon in die beweging na plantgebaseerde diëte, sê navorsers van die Universiteit van die Vrystaat en die Landbounavorsingsraad.
 
Die hoër opname en gebruik van voedingstowwe wat afkomstig is van voedsel wat van vee afkomstig is en wat geestelike en kognitiewe ontwikkeling meer as vegetariese of graan-gebaseerde diëte stimuleer, word geïgnoreer. Die navorsers maak dié bewering in ‘n artikel wat in die jongste uitgawe van die Suid-Afrikaanse Wetenskaplike Joernaal gepubliseer is.
Lees meer ...

Voerkundige sê beesvleis is die beste gefermenteerde plantkos


Daar is ‘n pragtige verbintenis tussen herkouer-dierelandbou en metaboliese menslike gesondheid en ‘n verskuiwing in hoe beesvleis as ‘n gesondheidproduk aangebied word, mag dalk ‘n goeie idee wees, sê dr Peter Ballerstedt, ‘n kundige op die gebied van voerkunde.
 
Hy meen nuwe bemarkingstrategieë moet moontlik ontwikkel word om beesvleis te herbrandmerk as ‘n gefermenteerde plantproduk en ‘n ware gesondheidskos.
Lees meer ...

Globale vleishandel oorkom ontwrigtings


Die globale vleishandel het in 2020 van die een vorm van ontwrigting na die ander gebons. 

Die jaar het met ‘n globale tekort aan verkoelinghouers afgeskop toe China, die wêreld se grootste vleis invoermark, die eerste grendelperiode weens COVID-19 betree het. Lugvragvervoer het daarna ineengestort; verwerkingsplante in baie lande is toegemaak of het teen ‘n verlaagde kapasiteit geproduseer; en voedseldienskanale is in baie markte gesluit, terwyl die handel en elektroniese verhandelings ‘n toename in vraag ervaar het.
Lees meer ...

Sieker vee kan klimaats-verandering vererger


Klimaatsverandering het ‘n invloed op die verspreiding en erns van aansteeklike siektes regoor die wêreld – en aansteeklikse siektes mag ook tot klimaatsverandering bydra.
 
‘n Navorsingstudie deur die Universiteit van Georgia beskryf hoe parasiete daartoe kan lei dat diere meer metaan, ‘n kragtige kweekhuisgas, kan vrystel.
Lees meer ...

Beesbrucellose kan ‘n boerdery so pooitjie

 
Die volgende gevalle van beesbrucellose sal boere bewus maak van die erns van die situasie in Suid-Afrika, volgens die maandelikse verslag van die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
 
Dit benadruk die feit dat hoe langer boere wag om hul diere te toets en in te ent, hoe groter gaan die skok en ekonomiese verliese wees.
Lees meer ...

Prysneigings in die produsenteprys van speenkalwers en beesvleis


Tydens die week van 16 Oktober was die gemiddelde veilingsprys vir speenkalwers R36,70/kg (200 tot 250kg) en R34,50/kg ná veilingskommissie, volgens AMT.
 
Die prys was 1,2% laer as tydens die vorige week. Die afname is onder meer veroorsaak deur ‘n laer vraag van sommige van die groter voerkrale.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa