Hi <<Naam>>, hier is jou Woord vir vandag:
Vers: Handelinge 26:16
‘Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn …’
- Die Here wil hê dat jy moet opstaan in Sy krag en vermoë.
- Hy het 'n plan en 'n doel vir jou lewe.
- Jy is nie deur 'n fout of per ongeluk hier nie.
- Wees bemoedig, Hy het jou vir Sy doeleindes, gekies en aangestel.
GEBED: Vader, dank U vir die versekering dat U 'n plan en doel vir my lewe het. Ek kies om op te staan en te vat wat U vir my het. Mag my lewe 'n instrument in U hand wees en mag ek 'n seën vir almal om my wees. Amen.
Geniet jou Woensdag.
Vriendelike groete
Pastoor Andrew W Roebert
ALIVE TO GOD
Website: www.AlivetoGod.com
|
|