Copy
Welcome to the December 2013 issue of the Red Meat Producers Organisation's Newsletter 

Kersboodskap:  Lardus van Zyl

2013 was nie’ n maklike jaar vir die rooivleisbedryf nie.
 
Produsentepryse het jaar op jaar met ongeveer  10 % gedaal terwyl ekstensiewe veeboere se  insetkostes met 18 % gestyg het,  hoofsaaklik  as gevolg van verhoogde brandstofpryse, voerpryse, die hoë koste van elektrisiteit en verhoogde arbeidskoste. Suid-Afika het gedurende die die jaar ook nie  daarin geslaag om sy Bek en Klouseer vrye sone status terug te kry nie.

Die droogte  in Noordwes, dele van die Noordkaap en Vrystaat  is so ernstig dat dit met die droogte van 1933 vergelyk word. Nie net is die reënval in dié gebiede baie ver onder die gemiddeld nie, maar ernstige wegholbrande is ook in die gebiede ervaar. Ons buurlande, veral Namibia en Botswana gaan ook gebuk onder die droogte. Dié buurlande het eensydige handelsreëlings getref, wat beteken dat baie vee in die afgelope tyd in Suid-Afrika bemark is, wat die plaaslike produsenteprys onder druk geplaas het.  
Lees meer .... 

Uitvoerende Raad vergader in Bloemfontein

Die 2014 nasionale RPO-kongres gaan in Bloemfontein aangebied word, het die RPO se Uitvoerende Raad (UR) tydens sy pas afgelope raadsvergadering besluit.

Daar is by die vergadering gerapporteer dat die RPO se webwerf maandeliks tussen 1 800 en 2 000 besoekers lok, waarvan 59% nuwe besoekers is. Die vergadering het besluit dat pogings aangewend gaan word om die aantal intekenaars op die Communicator, Rooivleistydskryf en elektroniese nuusbrief uit te brei. Die elektroniese nuusbrief het tans 2 503 intekenare.

Entstof teen inwendige wurms ontwikkel

Wes-Australiese en Skotse navorsers is besig met die ontwikkeling van ’n baanbreker-entstof teen inwendige wurms in skape. 

Die departement van landbou en voedsel in Wes-Australië en die Moredun navorsingsinstituut in Brittanje het ’n ooreenkoms onderteken om ’n entstof teen haarwurm (Haemonchus contortus) te vervaardig. 
Dit sal die eerste entstof in die wêreld wees wat kommersiëel beskikbaar sal wees in die stryd teen wurms in skape. Die sukses van die entstof is reeds in proewe bewys en dit sal binne twee jaar kommersiëel bemark kan word. (agric.wa.gov.au)


Dieregesondheid gedryf

As ‘n kollektiewe bedingingsorganisasie het die RPO direkte skakeling, verteenwoordiging en inspraak in die nasionale Dieregesondheidsfourm (DGF) waar die RPO toesien dat die belange van rooivleisprodusente beskerm en bevorder word. Dit is een van verskeie bedryfsaksies waarop die RPO fokus.
Lees meer ...


Federasie maak sy stem dik

Die Federasie van Rooivleisprodusente van Suid-Afrika het tydens sy onlangse vergadering besluit die Dieregesondheidsforum gaan versoek word om druk op die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye te plaas om spoedig duidelikheid te gee oor hoe die Namibiese invoere hanteer gaan word om die plaaslike rooivleisprodusent te beskerm.
Read more ...

International beef prices expected to decrease
Internationally, beef prices are expected to move downward in the short term with a sideways movement in the medium term due to lower demand during the coming December period. 
Read more ...


Mutton market trends

Internationally, prices should continue to move sideways in the short term with an upward movement in the medium term due to higher demand towards December. Locally, prices will move upwards in the short term with an upward movement in the medium term due to higher demand and lower supplies during the festive period.
Read more ...

Geseënde Kerstyd vir almal vanaf die span by Skaapvleis Suid Afrika (Kliek hier)


Skaapvleis Suid-Afrika
Afval inligting stukke

Sedert 2012 is Skaapvleis SA besig om materiaal oor afval bymekaar te maak. In 2012 het ons hoe kwaliteit fotos en videos geneem van die voorbereiding van skaapafval en ook van die kook en gaarmaak daarvan. Lees meer ...
 

Gratis materiaal vir Slagters

Die span by Skaapvleis Suid Afrika wil soveel as moontlik slaghuise en slagters werf vir ons distribusielys. Ons poog om inligtingspamflette, resepteboekies en afvalresepteboekies wyd en Suid oor die land te versprei. Die slaghuisbestelvorm, hier onder, is beskikbaar op ons webblad en word ook gepos aan die streekkantore en telersverenigings. Ons maak dit ook beskikbaar aan die speserymaatskappye sodat hulle dit verder kan utistuur aan die slaghuise. Lees meer ...

UP Lamb recipes project

Lamb and Mutton SA and the 4th year Consumer Science students at the University of Pretoria, teamed up this year to bring South Africans more delicious and trendy lamb recipes with a twist. Read more ...
Volg hierdie link vir videos oor afval . Kyk meer ...

Desember-digitale uitgawe van Red Meat/Rooivleis sal binnekort elektronies beskikbaar wees op www.agriconnect.co.za 

R100 million for Namibia, but what about us?  
 President Jacob Zuma pledged a drought relief package worth R100 million to Namibia during his state visit there on 6 and 7 November, while local farmers in North West who are suffering from a devastating drought have received little from government.

Baie  beeste gesmokkel na Angola

Die droogte in Namibië en die verslapping vroeër vanjaar van die streng uitvoerbeheermaatreëls op aanteeldiere, het die deur vir die smokkel van beeste op groot skaal na Angola oopgemaak. 
 Lees meer ...

Drought is taking its toll

In many parts of the country the drought took its toll, according to the reports of the veterinarians of the Livestock Health and Production Group (LHPG) of the South African Veterinary Association. 
Read more ...
The livestock production areas of the south-western Free State and North West are still critically dry, according to Santam Agriculture’s weather expert, Johan van den Berg, as published in the Farmer’s Weekly.
“Conditions are desperate. We’ve had reports of livestock succumbing to the drought. There is no grazing left and farmers are finding it exceedingly difficult to keep the animals alive,” Van den Berg said.  

Nuwe plan vir Skaapskema

Die RPO is teleurgesteld omdat die Namibiese skaapvleisbedryf se omstrede kleinvee-bemarkingskema gewysig gaan word, sonder dat die Suid-Afrikaanse skaapvleisbedryf in die saak geken is.

Lees meer ...


Nuwe leiers gekies

Tydens die laaste vergadering van die Rooivleisbedryfsforum is Dave Ford herkies as voorsitter en Estelle van Reenen is verkies tot ondervoorsitter van die Forum.
 Die Voorsitter en Ondervoorsitter en Tim Davidson verteenwoordiger van die Nasionale Federasie vir Vleishandelaars, Lardus van Zyl voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie en Aggrey Mahanjana uitvoerende hoof van die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie is verkies as Bestuurskomitee.   Die primêre verantwoordelikheid van die Bestuurskomitee is die daarstel van die Forum se strategiese rigting en die dag-tot-dag bedrywighede en terselfdertyd vervul die Bestuurskomitee die rol van Nakomingskomitee vir die Rooivleisbedryf.     Georg Southey, verteenwoordiger van die Assosiasie vir Vleisinvoerders en -uitvoerders, Andrew Cocks, voorsitter van die Suid Afrikaanse Vleisprosesseerders Assosiasie en Barry Swart onafhanklike finansiële adviseur vir die Rooivleisbedryf is onbestrede herkies as die heffingskomitee vir die Rooivleisbedryf. 

Perspektief Desember 2013

Vir alle praktiese doeleindes is artrose osteochondrose wat bekend is by verskeie spesies, veral die vark, en dit is natuurlik ook algemeen by die mens. Wêreldwyd wys navorsing dat die siekte nie ‘n enkel oorsaak het nie, maar dat verskeie faktore daartoe bydra van sowel voedings-, as omgewings en genetiese aard. .    Lees meer ...

Die Instituut vir Produksie-ontwikkeling

Bied die volgende AgriSETA geakkrediteerde vaardigheids ontwikkelings programme aan vir die plaaswerkers van die Rooivleis Produsente Organisasie.  Lees meer ...
Aflaai van RPO Communicator:  Kliek hier  

 

Our mailing address is

Posbus / PO Box 36802, Menlo Park, 0102

Our web address is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent