Copy
Welkom by Junie 2016 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Uitvoerende Raad vergader

Die Nasionale RPO het pas ‘n Uitvoerende Raadsvergadering  gehou, terwyl die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum ook onlangs vergader het.

Een van die sake wat tydens die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum bespreek is, is ‘n gesprek wat lede van die forum gevoer het met Brigadier Venish Singh, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se koördineerder van veediefstaleenhede.

Die probleme wat in die verskillende provinsies ervaar word, veral dié in die Oos-Kaap is bespreek. In laasgenoemde geval is daar besluit dat ‘n vergadering tussen rolspelers moet plaasvind om alle probleme as ‘n saak van dringendheid aan te spreek. Stappe sal ook in van die ander provinsies geneem word in ‘n poging om te verseker dat die Veediefstalvoorkomingsforum in elke provinsie optimaal funksioneer.

‘n Moontlike toelae vir lede van veediefstaleenhede, die beskikbaarheid van voertuie, die aanstelling van lede van die veediefstaleenhede, die J534-vorm en toepaslike wetgewing is ook met Brigadier Singh bespreek.


Vrystaat RPO en Skaapvleis SA maak bloemskou ‘n skaapvleisfees!

Vrystaat RPO en Skaapvleis SA het die pas afgelope Bloemskou behoorlik op horings geneem.

Met die geur van heerlike gebraaide skaapvleis proehappies het hul ieder en elk na “Die Padstal” gelok. Van soetsuur skaapstertjies, tot “skilpadjies”, “skaaphonde” (die skaapvleis weergawe van ‘n “hotdog”) en “skaapspit op ‘n bun” het verbruikers opnuut hul liefde vir skaapvleis ontdek. Lees meer ...


Die handleiding vir veediefstalvoorkoming

Die Handleiding vir Veediefstalvoorkoming is die boer se een-stopgids vir die voorkoming en hantering van veediefstal. Dit dek alle aspekte van veediefstal en die bekamping daarvan.

Dit behels die volgende:  

Hoofstuk 1 handel oor die merk van vee. Die toename in veediefstal kan in baie gevalle toegeskryf word aan die feit dat vee nie behoorlik gemerk is nie. Voerkrale, boere, spekulante, afslaers, abattoirs en kopers op veilings kan wetend of onwetend ontvangers van gesteelde vee wees. Hulle oortree dan die wet en kan swaar beboet of vervolg word. Die identifikasie van diere, die diere-identifikasiestelsel, wetlike implikasies en Regulasies word omskryf, terwyl dit ook ‘n merkgids vir warmbrand, vriesbrand en tatoeëring bevat.  Lees meer ...


Werk holististies beplande weiding in Suid-Afrika?

Boere het nou die kans om ‘n bydrae te lewer tot ‘n nasionale studieprojek oor weidingsintensiteit en holistiese bestuur.

Is jy as veeboer nuuskierig oor die aansprake rondom holisties beplande weiding of rotasie-weiding of korttermynweinding? Kan intensiewe weiding jou toelaat om drakrag te vermeerder en veldtoestande sowel as veeproduksie te verbeter? Die debat duur voort.  Lees meer ...


Verwydering van omgewingsbesoedeling uit rou vleis

Ses maande gelede het die internasionale agentskap vir kankernavorsing verklaar dat die verbruik van rooivleis en verwerkte vleis ‘n kanker-risiko inhou. In die analise was daar egter geen verwysing na sommige karsinogeniese omgewings-besoedelingsfaktore wat ook in rou of onverwerkte vleis mag voorkom nie.

‘n Studie toon nou dat kookprosesse wat vet van rooivleis verwyder, kan bydra om die konsentrasie van sulke besoedelingsorganismes te verminder. Daar was groot onsteltenis toe die internasionale agentskap vir kankernavorsing verlede jaar aangekondig het dat die inname van beide rooivleis en verwerkte vleis met ‘n verhoogde risiko van kanker geassosieer word. Lees meer ...


Beesvleispryse behoort matig te bly

Internasionaal sal die beesvleismark na verwagting ‘n mate van ondersteuning oor die kort termyn geniet weens ‘n seisoenale styging, volgens ABSA Agri Trends.

Groter vleisvoorrade in Amerika het egter ietwat van ‘n demperende effek. Plaaslik sal pryse na verwagting matig bly weens seisoenale neigings.  
Lees meer...


Skaapvleisaanbod oorskry die vraag

Internasionaal is lamspryse stadig maar seker besig om te verbeter. Plaaslik is daar egter ‘n groter vraag as aanbod, wat prysverhogings sal bemoeilik, volgens ABSA Agri Trends.

Die seisoenale afname in vraag weens die koue weer wat veroorsaak dat mense nie wil braai nie, sal pryse verder onder druk plaas.  Lees meer ...

Inhoudsopgawe

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af 

OBP wil wêreldspeler wees

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), wat gesukkel het met die voorsiening van sy entstowwe, wil ’n wêreldspeler word wanneer die modernisering van sy geboue voltooi is.

Dié regeringsentiteit het die afgelope twee jaar veral onder skoot gekom weens entstowwe wat nie geredelik beskikbaar was nie. Volgens sy direksie is sy voorsieningsprobleme nou opgelos en het hy al die entstowwe beskikbaar om aan sy kliënte te lewer.   Lees meer ...


Meer probleme met interne parasiete

‘n Toename in die getal diere wat deur interne parasiete geaffekteer is, is gedurende April aangemeld, veral in die gebeide waar laat reën voorgekom het, volgens die maandelikse verslag van dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veeartse in Suid-Afrika.

Mortalitiete weens rondewurminfeksies is ook aangemeld. Boere moet op die uitkyk wees vir tekens van interne parasiete, naamlik anemie, bottel kakebeen, gewigverlies en diarree. Diere wat weens ‘n gebrek aan proteïene en energie onder stres is, is meer vatbaar vir parasiete.  Lees meer ...


Perspektief

Vermindering van en aanpassing by die invloed van klimaatsverandering in die Wes-Kaap.
Onlangs is die SmartAgri projek deur die Wes-Kaapse Departemente van Landbou en Omgewingsake & Ontwikkelingsbeplanning geloods. Daarin word die verwagte invloed van klimaatsverandering tot op gebieds- en agro-ekologiese sonevlak hanteer. Hieronder word sleutelaksies aangedui wat boere in hierdie areas kan implementer, terwyl meer besonderhede verkry kan word van die verwysings wat aan die einde van die nuusbrief verskaf word. Die aksies tot ‘n mindere of meerdere mate sal ook van waarde wees vir veeproduksiestelsels in ander provinsies.  Lees meer ...




Laai u PMF Nuusbrief hier af 


 Nuutste gebeure in Grassfed
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op