Copy
Welkom by April 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Bedryfswerkswinkel verwelkom

Die nasionale RPO verwelkom die strategiese werkswinkel vir die rooivleisbedryf wat onlangs in Pretoria gehou is en was beïndruk met die manier waarop alle rolspelers in die waardeketting verteenwoordig is sowel as die ondersteuning wat van regeringstrukture ontvang is.
Sover dit die pad vorentoe betref, is daar besluit dat die plan net suksesvol kan wees as ingrype met behulp van ‘n statutêre heffing in die bedryf gedoen word.
Lees meer ...

Goeie reënval kan ‘n hele klomp probleme veroorsaak

Weg-hol veldbrande, parasiete en veediefstal was van die sake wat tydens die laaste vergadering van die Dierewelsynskoördineringskomitee bespreek is.
Omdat dit so baie in die somer gereën het, sal weg-hol veldbrande beslis in die winter ‘n probleem wees. Interne en eksterne parasiete is ook ‘n gevolg van die goeie reëns. Die waarde van sommige diere het bykans verdubbel, wat veediefstal ‘n al groter wordende probleem maak. As produsente nie hul diere brandmerk nie, word die probleem vererger, wat weer aanleiding gee tot meer dierewelsynsprobleme.
Lees meer ...

Operasie PHAKISA kan die rooivleisbedryf bevoordeel

Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) verwelkom Operasie Phakisa, wat onlangs deur President Jacob Zuma aangekondig is.
Operasie Phakisa maak voorsiening vir ‘n nasionale veesensus en ‘n diere-identifikasie- en naspeurbaarheidstelsel. Ingevolge Operasie Phakisa gaan daar ook gepoog word om vleisuitvoere te verhoog en dieresiektebeheermeganismes te versterk, wat sal verseker dat daar aan internasionale handelsprotokolle voldoen word. Dié stappe kan tot groot voordeel van die rooivleisbedryf wees.
Vennootskappe tussen besighede, georganiseerde arbeid en die burgerlike samelewing gaan gesluit word vir die implementering van inisiatiewe ingevolge Operasie Phakisa. Die hoofaandeelhouers sal in Julie 2017 ooreenkomste teken om hulself te verbind tot die implementering van die inisiatiewe.
Operasie Phakisa voorsien AFASA en alle ander organisasies wat streef na transformasie in landbou van ‘n platform waar hul vraagstukke hanteer kan word sodat dit uiting kan vind in regeringsbeleid en –programme. Dit bied ‘n geleentheid vir al die rolspelers om die sektor tot nuwe hoogtes van groei, stabiliteit, mededingendheid en winsgewendheid te neem.

Dieregesondheids-forum vergader

Die verpligte diensjaar vir afgestudeerde veeartse is een van die sake wat tydens die laaste vergadering van die nasionale Dieregesondheidsforum bespreek is.
Die eerste diensjaar het in 2017 afgeskop en tot dusver is daar geen klagtes ontvang nie. Een van die groot voordele van die diensjaar is dat veeartse nou blootstelling kry aan gebiede wat voorheen nie moontlik was nie. Die aansoeke vir die 2018/19 diensjaar is reeds ontvang. Die Direktoraat : Dieregesondheid het besluit om die studente reeds tydens hul vyfde studiejaar te plaas, sodat hulle hulself kan voorberei vir hul verpligtinge.
Lees meer ...

Perspektief 

Die waarskynlike invloed van die 2015/2016 droogte en lesse te leer
Hoe erg was die droogte? Die outeurs hieronder aangehaal dui aan dat die Suid-Afrikaanse Weerdiens van mening is dat 2015 die droogste jaar was sedert 1904 toe begin is met reënvalaantekening. Die gemiddelde nasionale reënval in 2015 was ongeveer 400mm in vergelyking met ‘n langtermyn gemiddeld van 600mm. Tussen 2012 en 2015 is laer as gemiddelde reënval vir elke jaar aangeteken. Dit is slegs die derde keer sedert 1904 wat laer as gemiddelde reënval in vier of meer opeenvolgende jare gemeet is, die vorige jare was 1930 tot 1933 en 1944 tot 1949. Die 2015 droogte het voorts ook gepaard gegaan met uiterste hitte en 2015 was die warmste jaar ooit. Gedurende die 2015/2016 somerseisoen was daar 12 hitteglowe wat in total 71 dae geduur het.
Lees meer ...

Positiewe vooruitsigte vir skaapvleispryse

Internasionaal mag skaapvleispryse ondersteun word deur beperkte voorrade van Nieu-Seeland en Australië, volgens ABSA Agri Trends. 
Plaaslik bly die vooruitsigte vir lam- en skaapvleispryse positief weens hoë vleispryse en lae voerkostes. Die Paasfees-aanvraag kan ook ‘n positiewe uitwerking hê.
Internasionaal
Die Nieu-Seelandse lamspryse het in die week van 28 Maart 2017 meestal sywaarts beweeg vergeleke met die vorige week. Lam het dieselfde afgesluit NZ$79.9⁄kop vir ‘n 15kg lam. Lamspryse het dieselfde afgesluit teen NZ$111.8⁄kop vir ‘n 21kg lam. Ooie het sywaarts afgesluit teen NZ$69.3⁄kop vir ‘n 21kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 2.10% laer teen R52.55⁄kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 2.01% laer was teen R36.32⁄kg.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Veilings vir April...

Mpumalanga RPO kies nuwe bestuur

Tydens die Mpumalanga RPO vergadering is dr Theuns Laas as Voorsitter verkies en mnr Leon Histermann as Vise-voorsitter, terwyl  mnre Neil Grabe en Koos Dafel as bykomende bestuurslede verkies is.

Memorandum van verstandhouding met China onderteken

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mnr Senzeni Zokwana, het ‘n memorandum van verstandhouding oor die inspeksie en kwarantyn van diere met die Chinese Adjunk-minister LI Yuaping, geteken.
Die memorandum sal na verwagting Suid-Afrika se samewerking met China in die landbousektor bevorder en dit moontlik maak om kundigheid in terme van die implementering van die Wêreldhandelsorganisasie se Sanitêre en Fito-sanitêre maatreëls te deel. Die twee lande sal ook saamwerk om die voorkoming en beheer van dieresiektes te bevorder.
President Jacob Zuma het ook Operation Phakisa geloods onder die tema  “Transforming the Agricultural Sector towards an Inclusive Rural Economy”. Die program is daarop gemik om die landboubedryf te bevorder en te transformeer sowel as om grondhervorming en ‘n inklusiewe landelike gemeenskap te bevorder.
Die program kyk onder meer na die huidige produsente-ondersteuning en finansieringsmodelle om werkbare oplossings te vind vir die dringende behoefte van die Regering om vordering te maak met grondhervorming en voedselsekerheid.

Voerkalfkontrak gaan binnekort die lig sien

Volgens die nuusbrief van die Rooivleisabattoirvereniging gaan die lank verwagte voerkalfkontrak in die eerste helfte van 2017 van die grond af kom by die JSE.
Baie markdeelnemers is van mening dat dié produk handelsaktiwiteite op die beesvleiskontrak ‘n hupstoot sal gee omdat die twee produkte mekaar komplementeer. Die lamkarkaskontrak sal vroeg volgende jaar uitgerol word.
Die Rooivleisabattoirvereniging het ‘n prysinligtingstelsel met ‘n databasis van historiese en huidige prysinligting geïnisieer. Die Vereniging streef daarna om ‘n inligtingstelsel te skep en te onderhou wat relevante en historiese data vir beplanningsdoeleindes bevat. Die hoofdoelwit is om tydige, akkurate en waardevolle inligting tot voordeel van die Suid-Afrikaanse abattoirbedryf beskikbaar te stel.

Wat kan jy doen tydens ‘n uitbreking van Rooiwater?

Die Asiatiese bloubosluis wat Asiatiese rooiwater oordra, is besig om dele van Suid-Afrika, wat voorheen vry was van die siekte, in te neem, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Asiatiese rooiwater kan dus skielike vrektes veroorsaak in dele van die land waar dit nog nooit voorgekom het nie. Die siekte kan ook versprei ná die verkoop en vervoer van diere van areas waar Asiatiese rooiwater voorkom, na voorheen rooiwatervrye gebiede.
Lees meer ...

Internasionale beesvleispryse staan sterk

Internasionaal lei die heersende beperkte beesvleisvoorrade van Australië en Nieu-Seeland daartoe dat beesvleispryse sterk staan, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik lei laer voerpryse en minder vee daartoe dat pryse styg. Die vooruitsigte vir beesvleispryse is positief vir 2017 met hoër beesvleis pryse, laer voerpryse en voordelige weidingstoestande.
Internasionaal
Gedurende die week van 28 Maart 2017 het Nieu-Seelandse bulle meestal sywaarts verhandel teen 5.41NZ$⁄kg en koeie het sywaarts verhandel teen 4.26NZ$⁄kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...

Daar was ‘n skaap vir elke smaak by die 2017 US Woordfees!

 
“Wholesome and versatile, just the way nature intended”- hierdie is die boodskap wat Skaapvleis SA hierdie jaar in verbruikers se gedagtes wil vestig rondom Suid Afrikaanse Skaapvleis. Daar is egter ‘n skaap vir elke smaak, kultuur en gier! Hierdie boodskap is waarlik in aksie gesien by die jaar se US Skaapvleis Woordfees in Stellenbosch waar SA saam met Agri Expo, Veritas Wyne en Merino SA verbruikers bewus gemaak het van die invloed wat “terroir” het op die smaak van skaapvleis.
Die Woordfees is ‘n kultuur- en leefstyl fees, wat stories uitbeeld in die vorm van musiek, woordkuns, visuele kuns, die kuns van gesprekvoering en natuurlik kookkuns! Die stories agter landbou was goed verteenwoordig by die 2017 Woordfees, met daaglikse verhooggesprekke onder die groot Bloekomboom met ‘n paar van ons land se “Mega Boere”.
Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Share
Tweet
Forward
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa