Copy
Welkom by Desember 2016 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Die Nasionale RPO wens u en u geliefdes 'n vreugdevolle Kersfees toe.  Mag u dag gevul wees met familie, vriende en goeie herinneringe


Bokrolmerk moet verander

Die SA Boerboktelersvereniging het die RPO versoek om die rolmerk van bokvleis te verander sodat dit kan onderskei tussen lammers, jong bokke en ou bokke soos wat by skape die geval is. 
Daar word tans net een kleur vir bokvleis gebruik en dit verwar die mark. Die verbruikers besef nie wat hulle koop nie. 
Die Vereniging wil bokvleis meer aggressief aan die publiek/verbruiker bemark en die verskillende rolmerke sal meer verbruikersvriendelik wees.
Die RPO ondersteun die versoek en die aangeleentheid sal bespreek word tydens die RPO Uitvoerende Raad wat in Januarie 2017 gehou sal word ten einde die prosedures wat gevolg moet word, te bespreek. 

Droogtehulp aangekondig

In reaksie op die ergste droogte in Suid-Afrika sedert 1992, het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die provinsiale Departemente van Landbou, R212 miljoen toegestaan vir droogteverligting.
In die 2015/2016 finansiële jaar wat op 31 Maart 2016 geëndig het, het die departement R263 bewillig vir droogteverligting deur die omvattende landbou-ondersteuningsprogram (CASP), te herprioritiseer, terwyl die provinsies R198 miljoen beskikbaar gestel het by wyse van aandelebefondsing. Dié fondse is aangewend om boere wat deur die droogte geraak is, van kos en water te voorsien.  Lees meer ...
 

Invoer van landbouprodukte tydens die feesseisoen

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het internasionale besoekers wat Suid-Afrika tydens die feesseisoen gaan besoek of ná die vakansie na Suid-Afrika terugkeer, versoek om aan die land se invoervereistes vir landbou- en landbou gereguleerde produkte te voldoen. 
As daar aan die vereistes voldoen word, sal dit die land help om die potensiële risiko van indringerspesies, buitelandse peste en siektes wat met ingevoerde plante, plantprodukte, diere, diereprodukte en ander gereguleerde produkte verbind word, te voorkom of tot die minimum te beperk.  Lees meer ...

Verhoging in heffings aangekondig

Meat Statutory Measure Services het aangekondig dat die statutêre heffing op 1 November 2016 sal verhoog soos gepubliseer in Staatskoerant nr. 38199 van 11 November 2014.
Die volgende funksies word deur die heffing befonds: -
  • verbruikersgerustheid;
  • verbruikerskommunikasie- en opvoeding;
  • transformasie en ontwikkeling;
  • navorsing en ontwikkeling;
  • bedryfskakeling;
  • produksie-ontwikkeling;
  • voldoening aan wetgewing;   en
  • administrasie
Lees meer ...

Veediefstal by welsynsvergadering bespreek

Hoewel statistieke daarop dui dat veediefstal besig is om te daal, is dit besig om te styg weens die nie-aanmelding van sake, het die Dierewelsyn-koördineringskomitee (LWCC) tydense sy laaste vergadering gehoor.
Die RPO behoort ten volle in dié verband ondersteun te word en dit is noodsaaklik dat alle boere oortuig sal word om hul vee te identifiseer aangesien dit een van die grootste redes is waarom sake nooit verder gevoer word nie. Dit maak nie saak hoe klein die diefstal is nie, dit moet aangemeld word.  Lees meer ...

PPR gaan uitgeroei word

‘n Grootskaalse internasionale inisiatief vir die uitroeiing van Peste des petits ruminants (PPR) – ook bekend as skaap- en bokpes – ‘n hoogs aansteeklike virale dieresiekte wat groot verliese veroorsaak, is van stapel gestuur.
Die Verenigde Nasies se landbou-organisasie en die wêreld-organisasie vir dieregesondheid, die OIE, het $996.4m bewillig vir die eerste fase van ‘n 15 jaar-program wat daarop gemik is om PPR teen 2030 uit te wis.  Lees meer ...

Dieregesondheidsforum loods ‘n webtuiste

Die nasionale Dieregesondheidsforum het tydens sy laaste vergadering ‘n webtuiste geloods en die hoop is uitgespreek dat alle lede en besoekers dit waardevol en verbruikersvriendelik sal vind.
Dit bestaan uit die volgende dele: 
  • ‘n Tuisbladsy wat die jongste nuus van die naionale Dieregesondheidsforum bevat.  Al nege provinsiale forums word ook hier verteenwoordig.
Lees meer ...

Interne parasiete lei tot baie vrektes

Uitbrekings van interne parasiete met talle mortaliteite, veral weens haarwurm het voorgekom, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Die kliniese tekens van parasitisme is bloedarmoede, bottelkaak, gewigverlies en diarree. Besoek www.wormx.info vir meer inligting oor die  FAMACHA en die vyf-punt plan-bestuurstelsels. Kontak jou veearts in verband met die toets (FECRT) wat gedoen kan word om vas te stel watter ontwurmingsmiddels steeds doeltreffend in jou kudde gebruik kan word.  Lees meer ...

Vat die ”Lampad"

Hier in Suid Afrika is ons gelukkig genoeg om fantastiese, veilige en beeldskone snelweë en agterpaadjies te hê om van noord na suid te toer. Daar is wel niks soos ‘n rumoerige restaurant en stadige diens om jou reis behoorlik te bederf nie. Maar wees bietjie avontuurlustig met ‘n goeie ou retro “bonnet fees”, iewers langs die pad, met ‘n mooi uitsig natuurlik!Hierdie Kersvakansie kan jy  die langpad sommer ‘n mak lammertjie maak met hierdie heerlike skaapvleis padkosresepte.

I

Inhoudsopgawe

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af 

Dié entstowwe is beskikbaar

Ál die entstowwe wat dr. Steven Cornelius, Uitvoerende Hoof van Onderstepoort Biologiese Produkte as beskikbaar gelys het, is deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye bevestig.
Die Brucella-19-entstof, knopvelsiekte, en selfs bloutong wat nie beskikbaar was vir die afgelope jaar of so nie en die een vir slenkdalkoors, is beskikbaar, sê dr. Mike Modisane, Hoofdirekteur van Diereproduksie en -gesondheid van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.  

Stabiele skaapvleispryse verwag

Internasionaal sal ‘n verbetering in aanvraag tydens die feesseisoen lei tot stabiele pryse vir lam- en skaapprodukte, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik kan pryse ondersteun word deur maandeinde-aankope en ‘n verhoogde vraag in lyn met seisoenale neigings, maar die skerp toename in slagtings mag druk op pryse plaas.  Lees meer ...

Beesvleispryse versterk

Internasionaal word hoër beesvleispryse vir die res van 2016 voorspel, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik bied die verswakkende rand en dalende slagsyfers, sowel as gunstige weerstoestande ondersteuning aan pryse.  Lees meer ...

Nasionale Diploma in Diereproduksie nou deeltyds aangebied

Lees meer ...

Perspektief

Wat sê die wet oor die voer van bloedmeel, karkasmeel, beenmeel en hoendermis?
Bloedmeel en karkasmeel is nie meer geredelik beskibaar in die mark nie, beenmeel en hoendermis is wel. Om die waarheid te sê gedurende die huidige droogte was vars hoendermis dikwels die enigste aanvulling wat boere kon bekostig. Die vraag is egter, is dit toelaatbaar om hoendermis en beenmeel te voer? Om dié vraag te antwoord is dit nodig om te kyk wat die Wet voorskryf.   Lees meer ...


Laai u PMF Nuusbrief hier af 

Gaan loer na die PMF-webtuiste

Die Predasie bestuur webwerf is ontwerp om 'n wye spektrum van inligting, wat verband hou met daardie roofdiere wat soveel skade aan veeboere veroorsaak, te voorsien.
Die webwerf het verder ten doel om riglyne en advies aan produsente te gee om predasiebestuur op die mees humanistiese en omgewingsvolhoubare wyse, dit wil sê, geïntegreerde bestuur toe te pas. Alle belanghebbendes in die landboubedryf word aangemoedig om die webtuiste te besoek - http://www.pmfsa.co.za/
Die splinternuwe predasiebestuurshandleiding wat ‘n eenstopgids is om produsente te help om hul roofdierprobleem op plase binne die raamwerk van provinsiale- en nasionale omgewing te bestuur, is ook op die webwerf te vinde.

 

 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 
   
 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa