Copy
Welkom by Januarie 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser
Die Nasionale RPO wens u en u geliefdes 'n Voorspoedige 2017 toe.  Mag u net voorspoed, geluk en vrede ervaar.

Dieregesondheidsforum bekyk weerstand teen Antibiotika

Die kwessie van weerstand teen antibiotika is tydens die laaste vergadering van die Nasionale Dieregesondheidsforum breedvoerig bespreek.
Die grootste bekommernis is dat daar tans geen sentrale punt is vanwaar bevindinge oor weerstandigheid gedeel kan word nie. Dit is tans die gesamentlike verantwoordelikheid van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Gesondheid. Daar sal ernstig gekonsulteer moet word oor wie die proses behoort te dryf.  Lees meer ...

Opleiding gaan voort

Die RPO het ‘n behoefte aan opleiding in die primêre produsent-segment geïdentifiseer en streef daarna om ongeveer 170 opkomende/kommunale boere per jaar op te lei.  
Die opleiding word deur die RPO se provinsiale kantore in samewerking met NERPO geskeduleer en gekoördineer. Die opleiding word deur die Instituut vir Produksie-ontwikkeling aangebied, ‘n opleidingsaffiliaat van die RPO wat daarop fokus om RPO-plaaswerkers op te lei.  Lees meer ...

Wildsvleisregulasies verwelkom

Die Rooivleisbedryfsforum verwelkom die voorgestelde wildsvleisregulasies soos gepubliseer in die Staatskoerant van 4 November 2016. 
Die Forum was een van die partye wat namens die hele rooivleisbedryf dringende vertoë gelewer het vir die publisering van wildsvleisregulasies, aangesien die welstand van die verbruiker van die uiterste belang is en omdat veiligheidstandaarde op alle vleissoorte van toepassing moet wees, insluitende wildsvleis.  Lees meer...

LNR visie 2050 nie ondersteun

Rooivleis Navorsing en Ontwikkeling SA het in sy kommentaar op die LNR Visie 2050 gesê die Organisasie kan dié dokument nie in sy huidige vorm ondersteun nie. 
Rooivleis Navorsing en Ontwikkeling SA is van mening dat die dokument die Landbounavorsingsraad (LNR) se standpunt verteenwoordig. Dit sou van meer waarde gewees het as ‘n benadering van grondvlak na bo gevolg is, as andersom. Dit is baie moeilik om kommentaar te lewer op ‘n dokument wat reeds geloods is.  Lees meer...

Die moderne verbruiker hou van beesvleis met byvoeglike naamwoorde

Beesvleisetikette soos vrylopend, grasgevoer, Angus, seldsame ras, omega 3-verryk en vry van antibiotika of hormone het ‘n bemarkingsvoordeel, het David Hughes, professor in voedselbemarking by die Imperial College in London tydens ‘n internasionale konferensie oor volhoubare beesvleis wat onlangs in Banff aangebied is, gesê.
Hoendervleis en vis is meer gewild omdat dit goedkoper is, en druk beesvleis af na ‘n minderheidsposisie. Die goeie nuus is egter dat beesvleis en lamsvleis premium vleissoorte is, het Hughes gesê. 
 Lees meer ...

Gebruik antibiotika verantwoordelik

Die dieregesondheidsbedryf voorsien waarde aan die gemeenskap deur diere en gevolglik mense teen siektes te beskerm, volgens Health-for-Animals, ‘n nie-winsgewende, nie-regeringsorganisasie wat die vervaardigers van veterinêre farmaseutiese produkte, entstowwe en ander dieregesondheidsprodukte regdeur die wêreld verteenwoordig.
Antibiotika genees nie net mense van bakteriese siektes nie, maar ook diere. Op dié manier word die morele verpligting teenoor diere wat in die mens se sorg is, vervul. Antibotika speel ‘n rol in volhoubare veeproduksie deur vermorsing en ondoeltreffendheid wat deur siektes veroorsaak word, te voorkom. Dit help ook om te verseker dat die kos wat van diere verkry word, veilig is.  Lees meer ...

Vetterige kos kan jou gesonder maak

Vetterige kos soos botter, kaas en rooivleis kan mense se gesondheid verbeter, is in ‘n internasionale studie bevind.

Daar is bevind dat ‘n dieet wat ryk is aan natuurlike versadigde vette en laag is in koolhidrate, oorgewig middeljare mans maerder en gesonder kan maak. Navorsers het ook waargeneem dat mense wat so ‘n dieet volg, laer bloeddruk en glukose-vlakke het, wat verbind word met ‘n verlaagde risiko om hartsiektes, Tipe 2-diabetes en kanker op te doen.  Lees meer ...

Beesvleispryse sal stabiel wees in 2017

Internasionaal is die aanvraag op markte steeds onder druk weens die snelle groei in plaaslike Amerikaanse voorrade, volgens ABSA Agri Trends.  
Plaaslik word daar verwag dat hoër slagsyfers in die feesseisoen gebalanseer sal word met ‘n sterk aanvraag, wat pryse tot in 2017 sal ondersteun.  Lees meer ...

Verhoogde aanvraag sal skaapvleispryse ondersteun

Internasionaal mag ‘n verbetering in aanvraag in die feesseisoen tot stewige pryse vir lam- en skaapvleisprodukte lei, volgens ABSA Agri Trends.  
Die bykomende vraag uit China sal na verwagting in die nuwe jaar voortduur. Plaaslike pryse mag ondersteun word deur maandeinde-aankope en ‘n verbeterde vraag weens seisoenale neigings.  Lees meer ...

I

Inhoudsopgawe

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af 

Beesboer-konferensie in 2017 aangebied

Die Voerkraalvereniging se 35ste jaarlikse konferensie sal op 8 en 9 Maart 2017 by Kievitskroon buite Pretoria aangebied word.
Die dinamiese voerkraalbedryf moes vinnig aanpas by snel-veranderende politieke-, ekonomiese- en produksieomgewings wat deurentyd finansiële druk op die bedryf plaas. Die tema van die kongres sal wees “2018 and Beyond”. 
Die voorleggings is uitgekies met die doel om ‘n wye spektrum van onderwerpe aan te raak wat relevant in die voerkraalomgewing is.

Baie gevalle van diarree aangemeld

Verskeie gevalle van diarree is aangemeld, veral in die Vrystaat waar lammers en kalwers daaraan dood is, volgens die die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA). 
Kriptosporidiose word veroorsaak deur ‘n protosoa van die genus Cryptosporidium en is gewoonlik ‘n onopsigtelike infeksie in ‘n groot verskeidenheid van diere, visse, reptiele en mense.  Lees meer ...

#Fees must fall het geen impak op die deeltydse Diploma in Diere-produksie

Danksy die insig van die RPO is dit nou moontlik vir jong landbouers om ‘n volwaardige Nasionale Diploma in Diereproduksie te verwerf op deeltydse basis oor 18 maande.
Die program word aangebied deur die bekende BathoPele Agri Development Institute wat reeds die afgelope 15 jaar spesialiseer in opleiding in landbou. Daar is dus geen ontwrigting deur die # Fees must fall veldtog nie en kwaliteit opleiding word gewaarborg.  Lees meer ...

Perspektief

Wat het die GVE en koolstofberging in gemeen?
Veldbestuur in Suid-Afrika word gerig deur weikapasiteit en veelading na aanleiding van ‘n gedefinieerde standaard, die Grootvee-eenheid (GVE). Alle distrikte het ‘n Departement Landbou-goedgekeurde weikapasiteit bereken in hektaar per Grootvee-eenheid. Individuele plase binne distrikte mag egter verskil in weikapasiteit a.g.v. lokale plantbedekking, spesiesamesteliing en veldtoestand. Teneinde weikapasiteit tot die maksimum te ontwikkel, moet veldtoestand optimaal wees t.o.v. plantbedekking, spesiesamestelling en herstel van kaaldele en erosiegebiede. Elke boer behoort te streef na optimale veldtoestand teneinde volhoubaarheid te verseker. Hierdie beginsel is ook net so belangrik vir koolstofberging.  Lees meer ...

Laai u PMF Nuusbrief hier af 

 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 
   
 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa