GROND-ONTEIENING IS ‘N BRANDPUNT VIR DIE BEDRYF
“Die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding is die grootste brandpunt waarmee die landboubedryf in ’n baie lang tyd te doen gehad het,” het Koos van der Ryst in sy voorsittersverslag by die kongres gesê.
Hy het gesê die RPO werk ten nouste saam met Agri SA, TLU-SA, NAFU en AFASA om hierdie tameletjie namens die produsente te bestuur. Dieselfde geld vir die AgriBEE-handves, wat problematies is vir die bedryf.
|
|
SUID-AFRIKANERS IS ONTNUGTER
Suid-Afrikaners het die geleenthede en uitdagings wat met die oorgang na demokrasie gepaardgegaan het, onderskat en is nou ontnugter met die werklike stand van sake, het Tim du Plessis, hoof van nuus en aktualiteit by KykNet by die konferensie gesê.
Hy het gesê Suid-Afrika beleef tans ‘n moeilike fase in die land se ontwikkeling, maar ons is nie die engiste land met sulke probleme nie. Daar is verskeie ander lande wat ook sowat 20 tot 30 jaar ná ‘n politiese bevryding of ander radikale politiese veranderinge groeipyne ervaar het.
|
|
VLEISBEDRYF: DIE PAD VORENTOE
Globale vleisproduksie het in 2017 met 1,25% gestyg, het prof Ferdi Meyer, direkteur van BFAP (Bureau for Food and Agricultural Policy) in sy vooruitskouing op die vleisbedryf by die konferensie gesê.
Hy het gesê soos wat bykomende voorrade weens die deurlopende kuddebouproses die mark betree, sal beesvleispryse na verwagting in 2020 daal voordat dit weer in die tweede helfte van die komende dekade sal styg weens die globale styging in per kapita-verbruik sowel as groeiende bevolkings in streke soos Asië en Afrika. Die pryse van ander tipes vleis neig ook effens hoër.
|
|
FOKUS OP DIT WAT JÝ KAN VERANDER
Ons leef in onseker tye met baie risiko’s en veranderlikes waarvan sommige beheer kan word en ander nie. Produsente moet fokus op die risiko’s wat hulle kan bestuur, het John Purchase, Hoofuitvoerende Beampte van AgBiz by die konferensie gesê in sy oorsig oor die makro-ekonomiese omgewing en die impak daarvan op die rooivleisbedryf.
Hy het gesê onlangse plaaslike ekonomiese verwikkelinge het tot groot onsekerheid gelei, maar alles is nie noodwendig negatief nie.
|
|
SKAAPSLAGTINGS DAAL SKERP
Skaapslagtings het in die afgelope drie jaar skerp gedaal, het Alex Cilliers van GWK tydens die konferensie gesê toe hy ‘n blik op die skaapvleiswaardeketting gebied het.
Hy het gesê hoewel die slagpryse van skape oor die afgelope drie jaar baie gewissel het, het dit steeds ‘n opwaartse neiging getoon. Die verbruikersmark het in dié tyd meer eise begin stel oor die oorsprong van die produk en die kwaliteit van die produk hou ‘n hoë premiewaarde in.
|
|
|
|
|
VEEBOERE MOET HUL EIE LOT BEPAAL
Veeprodusente in Suid-Afrika is in reaksie op die voorkoms van veediefstal geneig om die rol van die slagoffer in te neem, maar dit is dalk tyd dat hulle hul houding verander, het Willie Clack, Voorsitter van die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum tydens die nasionale RPO se pas afgelope kongres wat naby Pretoria aangebied is, gesê.
Produsente moet hul eie lot bepaal as dit by veediefstal kom, aangesien dit ‘n baie groot mite is dat die polisie daartoe in staat is om misdaad te voorkom.
|
|
ROLSPELERS HET ‘N GEDEELDE VERANT-WOORDELIKHEID
Beestelers, voerkraaleienaars, abattoirs, die handelaars sowel as die persoon wat die verbruiker se hoofdis van die dag voorberei, deel die verantwoordelikheid vir die voortbestaan van diegene wat beesvleisetes produseer, het Estelle van Reenen van die Sparta Groep by die konferensie gesê in ‘n oorsig oor die verbruiker en uitvoere .
Sy het gesê terwyl die sewentigerjare geleentheidsgedrewe was, die tagtigerjare produksiegedrewe was en die negentigs kostegedrewe was, is die 2000’s verbruikersgedrewe.
Sedert 2010 het ‘n ingeligte verbruiker na vore getree. Dié verbruiker wil hê dat gehalte en voedselveiligheid ‘n gegewe is. Hy/sy eis dat geregistreerde produkte en medisyne op ‘n verantwoordelike manier gebruik word, dat daar aan onttrekkingstydperke voldoen word en is sensitief oor die gebruik van diereprodukte of –neweprodukte. Die verbruiker is ook goed ingelig oor aspekte soos verantwoordelike vullisverwydering, doeltreffende biosekuriteitsprogramme, dierewelsyn, bestuurspraktyke, die hantering van vee, omgewingskwessies, die vrystelling van gasse en die koolstofvoetspoor.
|
|
PREDASIE MOET VERANT-
WOORDELIK BESTUUR WORD
Die Predasiebestuursforum (PMF) dien as platform vir skakeling en die koördinering van bedryfsorganisasies in die vee- en wildsektore wat daarop gemik is om verliese wat weens predasie voorkom, op ekologies aanvaarbare maniere te beperk terwyl die biodiversiteit van Suid-Afrika beskerm word, het Leon de Beer van die PMF by die kongres gesê.
Hy het gesê die PMF het die volgende strategiese drywers geïdentifiseer:
- Die vergroting van die databasis van wetenskaplike kennis.
- Om ‘n omgewing te skep waar produsente hulself kan bemagtig om predasiebestuur op ‘n doeltreffende en verantwoordelike manier toe te pas.
- Om ‘n vennootskap met die regering te skep waartoe albei partye verbind is.
- Om ‘n aktiewe kommunikasiestrategie uit te voer.
Beheermaatreëls kan nie gemeet word teen die aantal predatore wat verwyder is nie, maar eerder na gelang van 'n finansieel meetbare beginsel, soos ‘n groei in speenpersentasie.
Pro-aktiewe beplanning, gekombineer met verskillende metodes van beheer wat oor tyd afgewissel word, het die grootste kans op sukses, het De Beer gesê.
|
|
|
|
|