Copy
Welkom by Februarie 2019 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Onderhandelinge met handelsvennote
skop af

Die Direktoraat van Dieregesondheid het met die proses van onderhandelinge met handelsvennote begin oor die uitvoer van produkte wat afkomstig is van diere met ‘n gesplete hoef wat as veilig teen bek-en-klouseer beskou word.
 

Briewe is na Angola, Bahrein, Brasilië, Botswana, China, Egipte, Hong Kong, Lesotho, Jordanië, Koeweit, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Oman, Qatar, Swaziland, Uganda, die Verenigde Arabiese Emirate, Zambië and Zimbabwe gestuur.
  
Lees meer ...

Bek-en-klouseer kom op ‘n baie slegte tyd


Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo kom op ‘n baie slegte tyd vir die rooivleisbedryf.
 
Die bedryf gaan tans onder ’n landswye droogte gebuk. Voer- en mieliepryse het die hoogte ingeskiet en die koopkrag van die verbruiker is onder druk. Dit is te midde van ‘n kuddeboufase ná die droogte van 2016. Al dié faktore plaas baie druk op produsente se kontantvloei en finasiële oorlewing. Alles verteenwoordig ‘n uitdaging vir die missie van die RPO wat daarop geskoei is om vir die produsent ‘n mededingende en volhoubare rooivleisbedryf te fasiliteer.   
.
Lees meer ...

Roofdiere woon lekker op plase, sê navorser


Die voorkoms en aantal roofdiere – veral jakkalse en rooikatte – op plase in die Sentraal-Karoo word nie deur veeboere se bekampingsmaatreëls beïnvloed nie, is die verrassende bevinding van navorsing vir ’n doktorsgraad.
 
Marine Drouilly van Frankryk, wat haar studie aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het, het van 2012 tot 2015 navorsing op sowat 160 000 ha in die Sentraal-Karoo gedoen.
Lees meer ...

Geslote kring-televisiekameras nou verpligtend in skotse abattoirs


Nuwe wetgewing in Skotland bepaal dat alle areas waar lewendige diere aangehou word, in die toekoms geslote kring-televisiekameras moet hê.

Dié stap is daarop gemik om te verseker die hoogste standaarde van dierewelsyn word in alle abattoirs toegepas. Die Skotse regering het ook onderneem om wetgewing in dié verband te vervroeg.

Lees meer ...

Vee-eienaars gewaarsku teen veediefstalslenter


Die SAPD se veediefstaleenheid in KwaZulu-Natal het ‘n waarskuwing aan vee-eienaars gerig om versigtig te wees vir die nuutste slenter wat kriminele gebruik.

Die modus operandi behels dat diewe hulle as veediefstalamptenare voorhou en eienaars inlig dat hul vee in ‘n ander provinsie teruggevind is. Hulle word dan versoek om ‘n kontantbedrag van soveel as R2 000 te betaal sodat die vee teruggebring kan word.

Veeboere word versoek om die polisie dadelik in kennis te stel as hulle deur bedrieërs genader word. Alle slagoffers van veediefstal word ook aangeraai om kontak met die ondersoekbeamptes te behou sodra ‘n saak aanhanging gemaak is.Bron : https://zululandobserver.co.za/183971/livestock-owners-warned-stock-theft-scam/

Turkye plaas verbod op lewendige uitvoere van beeste


Die nuus dat Turkye ‘n verbod op die uitvoer van alle lewendige beeste geplaas het, word beskryf as ‘n verdere terugslag vir Ierse beesvleisboere.

Lewendige uitvoere is ‘n baie belangrike deel van die Ierse beesvleissektor en dit sal ‘n groot impak hê op boere wat beeste wil bemark.

Van 1 Januarie tot 1 Desember 2018 is altesaam 235 000 beeste lewendig uitgvoer. Dit is 32% meer as die 179 000 wat in dieselfde tydperk in 2017 uitgevoer is.  

Dié styging is die resultaat van aansienlike stygings in uitvoere na ander EU-lande. Uitvoere na derdewêreld-lande het in 2018 gedaal, deels weens skommelinge in die Turkse lier se wisselkoers. Daar is tot dusver vanjaar 13 000 beeste na Turkye uitgevoer.Bron : https://www.independent.ie/business/farming/beef/cattle-mart-trade/turkey-suspending-live-exports-of-cattle-a-further-setback-for-irish-beef-farmers-37715758.html

Perspektief


Antimikrobiese produkte (antibiotika) word wêreldwyd gebruik in siektevoorkoming en groeibevordering van vee.

M
eer antibiotika word in veeproduksie as by mense gebruik en ‘n betekenisvolle persentasie hiervan is belangrik in die behandeling van algemene infeksies by mense, groot operasies, orgaanoorplantings en chemoterapie. Dié algemene gebruik van antibiotika by vee dra d.m.v. natuurlik seleksie by tot die ontstaan van antibiotiese weerstandbiedende bakterië (AWB) wat uiteraard gesondheidsimplikasies inhou.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Februarie 2019

OBP produkte


Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het tans die volgende produkte in voorraad :-
 
Anaplasmose (galsiekte), anthrax, besmetlike misgeboorte, bloutong, bloednier alum, bloednier-olie, bot/black quarter, B-phemeral, bruc REV, bruc CFT antigeen, bruc STD serim BWD antigeen, coryne, dikkop, e.coli, gas gangrene, hartwater, kalwerparatifus (dood), kalwerparatifus (lewendig), knopvelsiekte, klem-in-die-kaak, lamsiekte, leukopast bees, leukopast 3, pasteurella beeste, pasteurella skaap, pyogenes, rooiwater Afrika, rooiwater Asïaties, sponssiekte, speticum, Slenkdalkoors (dood), Slenkdalkoors (lewendig) turbekulien beeste, vuilbek en Wesselsbron.

Speenkalfpryse daal met 20% binne ’n maand


Speenkalfpryse het die afgelope maand met sowat 20% gedaal, met onder meer die uitbreking van bek-en-klouseer wat meer onsekerheid in die mark veroorsaak het.
 
Volgens prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom en rubriekskrywer van Landbouweekblad, word tussen 2 000 ton en 3 000 ton rooivleis per maand uitgevoer.
Lees meer ...

Geen skape sal tydens die somer na die midde-ooste uitgevoer word nie


Die Australiese Lewendehawe-uitvoerraad (ALEC) het aangekondig dat geen lewendige skape tydens die noordelike halfrond-somer na die Midde-Ooste uitgevoer sal word nie.

Die moratorium, wat op 1 Junie in werking sal tree, beteken dat geen skeepsvragte Australiëse hawens tydens die somer sal verlaat nie omdat dit ‘n tydperk is wat ‘n risiko vir hittestres inhou.

Lees meer ...

Mcdonald’s wil die gebruik van antibiotika in beesvleisproduksie verminder


Die internasionale wegneemete-maatskappy, McDonald’s, het aangekondig dat daar wêreldwyd nouer met beesvleisverskaffers saamgewerk sal word in ‘n poging om die gebruik van antibiotika in veeproduksie teen die einde van 2020 aansienlik te verminder.
 
McDonald’s span met beesvleisprodusente in die top tien beesvleismarkte saam, naamlik Nieu-Seeland, Frankryk, Duitsland, Ierland, Pole, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Amerika en Brasilië in ‘n poging om ‘n beter begrip te bekom oor die gebruik van antibiotika regdeur die waardeketting.
Lees meer ...

Brucellose : daar lê nog ‘n lang pad voor


Hoewel die rooivleisbedryf baie positiewe stappe in die stryd teen brucellose, die Veterinêre Strategie se modelsiekte, geneem het is die land nog ver van die ideale situasie, volgs die Brucellose Loodskomitee van die nasionale Dieregesondheidsforum.
 
Dr. Trudie Prinsloo, ‘n veearts en regsadviseur, werp meer lig op die wetlike aspekte van brucellose-beheer. Boere moet hulself daarvan gewis.

Dit is belangrik om te onthou dat die bepalings van die Wet daar is om die nasionale kudde te beskerm, maar ook om mense teen ernstige siektes te beskerm. 
Lees meer ...

Beesvleispryse behoort laag te bly


Beesvleispryse het in die week van 18 Januarie 2018 laer verhandel en dié neiging mag oor die kort termyn voortduur tot die prys van geelmielies volledig by hoër voerpryse ingereken is, volgens ABSA Agri Trends.
 
Karkas- en voerkraalpryse sal voortgaan om laer te verhandel. Dit mag so lank as ‘n jaar neem voor Suid-Afrika sy bek-en-klouseer vrye sone status herwin.
Lees meer ...

Skaapvleispryse behoort stewig te bly in 2019


Internasionaal sal die stewige globale vraag na skaapvleis en die beperkte voorrade hoë pryse in 2019 moontlik maak, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik mag skaapvleispryse die laer beesvleispryse oor die kort termyn volg.
Lees meer ...
Share
Tweet
Forward

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa