Copy

Doen Dit Net

Beste Luisteraar

Vergifnis is ‘n moeilike ding wat eintlik baie maklik is. Veral as jy jouself moet vergewe. Nie dat dit in enige liga van sondes val om oefening-loos te wees, of oorboord te gaan met die soetgoed. Maar om te vergewe maak jou vry...vry van die gevoel van mislukking. Moenie te veel dink nie. Vergewe jouself, hys jou wit vlag vir jouself, en begin net weer gesonder te eet en te oefen. Dis baie eenvoudig: Doen dit net!

Dis wat ek moes doen in my twaalfde week. Ek erken dat ek nogals uit die bus geval het. Maar ek is darem nie onder die bus nie en ek moet daardie vergewe-woord nou ernstig self toepas.

Hier is Week#11 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan. Ons wys jou ook drie nuwe spieroefeninge.

Dis alles ‘n kwessie van balans: nie te veel nie; ook nie te min nie. Dis nie die moeite werd om oorboord te gaan met ‘n oefenprogram en anaboliese steroïedes te neem nie; mans se spermtelling word zero en selfs met die beste fertiliteitsbehandeling kan 'n testosteroon-gebruiker dalk nooit ‘n pa word nie.

Wees sag met jouself. Jy's net mens. Wit vlag en al.

Marí en die DDN-span

Week#11

Hierdie week vertel ons meer oor goeie vette (soos avo's) en ons wys jou drie nuwe spieroefeninge. Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend! Dra iets geels, neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Lees meer oor Week#11.

Verdere inligting

Alles tot dusver: Al ons vorige nuusbriewe en weekplanne.
3 Nuwe spieroefeninge: Ons wys met sketse hoe dit gedoen word.
Anaboliese steroïede? Mans se spermtelling word zero, dalk vir altyd.
My storie: In my week#12 moet ek myself ernstig vergewe.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.